Brief aan ‘n vriendin
Daar’s storielyne oor jou gisters as jy jou sonskyn na my toe draai
In jou donker onbekende ruimte skyn ‘n melkweg deur jou siel se vensters
Bring jou sterre lig vir die reisigers deur jou stad
Ken jy die pad na die Vader se hart
So ek gee vir jou ‘n Protea om jou te herinner aan die wierook briewe wat jy skryf wanneer jý dalk vergeet
Ek gee vir jou ‘n Protea sodat jy sal onthou dat verwoestende vlamme ‘n Protea nog mooier en groter laat blom
Dat Proteas invincible is in hul weerloosheid
Dat Proteas lewe bring teen steil hange wanneer mense moeg geklim is
Ek gee vir jou ‘n Protea om jou te herinner dat jy een is
Dat jou stokkerige stam jou God is wat jou lewensaar bewaar teen jou sprinkaanplaag
Dat Proteas se wortels sterk is al is daar geen grond
Dat jy soms alleen staan sodat jou boodskap duidelik afgeëts kan word teen Sy Hemel se blou
Ek gee vir jou ‘n Protea want Joshua 1:9 laat jou vreesloos groei
Ek gee jou ‘n Protea geplant deur die Groot “I am”
Vir jou
Net een is genoeg. Soos jy.
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.