koud (Goud)
jou wang was koud
so
koud
(baksteenmuur-koud)
en onverwags hard
jou keerwalle het verkrummel
die aanslag was net té fel
maar jou koue wang
het nog trots en sterk
soos ‘n hoeksteen bly staan
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek