Grieks in Afrikaans
Ek leef in Afrikaans vol giggelgolies en poenankies uit die Boland wanneer die sonbesies kir- kir – kor
Wanneer toeternoelies in my hart kom lê
En ‘n koekemakranka iets vir my kom sê
‘n Hus met lang ore want ‘n onhehude kind is gister gebore
My honde Kwagga en Patat het ‘n onderonsie met die ouvolk te ver gevat
Die telgie leer by die ghantang hoe om nennatjies die opsitkers te stook
Later sal die karnallie se kierankies brand
Onder die Liewen Heer se baldakyn
Ouma staan reg met paragorie en ingelse sout na overdaad van grote oë
Skilpaadjies, skuinskoek en skaapstertjies het die koek gevat
Soveel polfyntjies uit die Heer se Hand
Bokmakierie, Piet-my-vrou en waterhondjie sê so nxa
Is jy ‘n belhamel, voorbok katelknaap of laventelhaan?
Praat Afrikaans as die kinders jou pla…
So voor ek jou ‘n lanterfanter noem moet jy maar vir jou oupa ‘n paar vrae gaan vra..
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.