Jongste aktiwiteit:

GEBOUE VAN VLEIS

Brons Kategorie 948 woorde

GEBOUE VAN VLEIS

Ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie.

Jou mensgesig is perfek aanmekaar geweef sodat jy, eintlik gees, ‘n prentjie kan wees. ‘n Lyf om jou op aarde te dra, te verteenwoordig en waarin jy kan “woon”. ‘n Lyf wat jou tydslyn kan verteenwoordig, ‘n tipe almanak-soort-van-woonstelblok waarin jy woon.

Ons sien mekaar se “woonstelblokke”. Party mense versier hul mure se krake met grimering, party plant blomme oralsoor in die vorm van juwele, party se mure het tattoo patrone op, party se geboue is vervalle want leë bierbottels het hul tol geëis en lê as hartseer monumente voor die deur. Party lyk verslons want nuwe verf is net te duur en party se strukturele uitdagings syn onveilig vir die gesondheid te wees.

Party woonstelgeboue se argitektuur is van buite bewonderenswaardig maar die mens leef met ‘n “skreeu” daarbinne waarvan niemand weet nie. Alleen. Jy en die Skree wat jou torment terwyl jou woonstelgebou ‘n prys wen in die vrolike son. Niemand wat die regte jy sien. Niemand wat jou aan die binnekant van jou woonstel besoek nie. Net piekniek aan die buitekant hou met jou Facebook weergawe. Al wie binne kom kuier is die skree. Die pyn. Die alleen.

Jy soek so hard na iemand, enige-iemand, om jou te sien, om op jou balkon te kom sit en die Skree te verdryf. Die Alleen te verdryf. Jou grootste fan te wees. Geen reëls meer. Net Skree en Soe ken Alleen en jy…

Jy breek jou stad se grense af en gee die gewete soldate die trekpas. Jy laat volksvreemdes in. Jy skrap die Wetboek. Jy haal die slotte van jou deure af en hoop Alleen wil vir Skree vat en wegloop. Jy plaas bordjies van klater oral op jou hoeke om te sê :”Yard Sale but only for free”. Vat wat jy wil. Vat net vir Alleen en Skree ook asseblief. Enige-iemand, wees asseblief Saam in my lewe. Jy bak vanilla koekies sodat die reuk rowers moet aanlok om jou te kom “red” uit jou toring. Jy maak jou vensters nooit meer toe nie. Jy vergeet om in die spieël te kyk. Jy vergeet self wie jy is. Jy vergeet wie se kind jy is.

Jou poorte is oop en jy lag en jou oë blink want iemand gaan kom om jou lief te hê. Om jou te red. Om jou drake Skree, Alleen en Soek te oorwin. Jy skink sjampanje want die maan skyn so verleidelik dat jy nie die motte en die roes en die rowers sien nie.

“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom dat hulle lewe In oorvloed kan hê.” Johannes 10:10

Hou moed mooiste woonstelgebou. Jy het net ‘n upgrade nodig. Ek moes een kry. Maar eers moes ek die harde werklikheid in die oge staar… Geen mens gaan vir jou kom red nie. Eers moes ek myself jammerkry oor die motgevrete gate, eers moes ek rou oor ek myself verloor het. Eers moes ek Alleen en Soek en Skree binnenooi en hul stories hoor voordat ons kon groet. Eers het ek ge-snot en trane. Geen mens is onfeilbaar nie. Moet op prinse nie vertrou nie, want ook hul is reisigers in die nag wat in woonstel blokke woon en kraak en verweer en motte lok. Hulle self het redding uit hul torings en van hul geheime spook vrinne nodig. Nee man, ek dink jy moet die Nutsman bel van Galilea. Sy nommer in my boekie is 151523”….Roep My aan in die dag van benoudheid. Ek sal jou uithelp en jy moet My eer”..Psalm 50:15-23. As jy te moeg is om ‘n oproep te maak is dit ook reg. Hy is eintlik so ver gevorder wat tegnologie aanbetref dat jy ‘n wireless verbinding het. Jy kan sommer net praat daar waar jy is. Beter as Siry, Alexa, of Gertruida se skinder sessie. Vertel Hom sommer jou storie nes hy is, veral die wat lyk of dit nooit ooit gaan uitwerk nie, soos myne. Hy is mal oor stories want Hy sal graag ‘n fliek van jou lewe maak met ‘n regte Hollywood einde….And God and you lived happily ever after and after and after…

Wanneer jy besef dat Alleen nie regtig is nie, maar net ‘n monstertjie-onder-die-bed storie, en al wil jy ook bang wees vir hom, kan jy nie, want Hy, die Almagtige Koning, jou Helper, Vriend, Verlosser, Pappa-mens het kom nesskop daar in jou binneste. …Jesus het gesê,:” Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees…” Handelinge 1:8 ..Hy hang portrette, plant blomme, skuur, bou, breek, en sit nuwe slotte aan. Wanneer Hy die laaste spyker ingekap het sal Hy glimlag en sê:”..Dit is Volbring”

So maak die venster toe sodat niemand julle pla nie. Bak vanilla koekies vir Hom en hou ‘n tee-vir-2. Ek belowe Hy sal opdaag. Want Hy het in my ruïne kom sit asof ek ‘n paleis was. Hy vang vir Skree en vervang hom met Worship. Hy klop aan die deur van jou hart sodat jy nie verder met Soek hoef te deel nie, maar kan veilig voel saammet Gevind. Jou woonstelgebou is veilig totdat jy eendag terugtrek huistoe, Hemel toe, and God and you lived happily ever after and after and after….

So ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie. Maar dis okay. My gebou sal vir joune glimlag in die verbygaan. Wanneer jy in my oê kyk sal jy vlugtig my inwoners sien, want ons is nou ‘n span. Sal God self, hopelik, vir jou waai.

net kulu




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed