Jongste aktiwiteit:

Fop Boere

“ ‘n Griekwastad kind sê jy. Dink jy in hierdie tye gaan jy ‘n verskil kom maak hier-hier in ons geweste?” Frederick krap soos ‘n besentene tussen sy nota’s deur. “Julle sien nie wat ek sien, julle kyk almal in julle neuse vas!” Hy was nog altyd selfverseker nooit ‘n pessimis. “ Stadskinders wat hul ma’s benodig vir geringste kleinighede.” Paulus staar vir ‘n oomblik na Fredrick, hy is nie gewoond aan so ‘n bras persoonlikheid. “Wel ons is tog maar almal van een gesindheid, of hoe Frederick?”Dit warboel in die strate, perde se gerunnik en die koerant verkopers wat roep ‘The Brittish declare war on Boors.’

“Paulus jy weet ons moet die hawe beveilig dus ‘n sleutelpunt van ons eie mense sé beskerming.” Nou daar is ‘n hemelbreed se verskil tussen ‘n Karookind en ‘n Stadskind liewe luisteraars. ‘n Karookind moet vindingryk, verbeeldingryk wees, nie net was daar leeu’s en elke lewende ding met tande wat hulle wou eet nie maar ook mense-inheemse mense wat hul as vyand beskou. Om te oorleef in die ‘wilde’ moet jy dikvellig wees.

Aaa-ha! Roep Frederick uit met ‘n papierstuk met sy hande in die lug. “Hier- hier is dit, dit wat ons gaan lei na oorwinning my ou stadsjapie.” Die klein bladsy ‘n kopie van een van Leonardo Da Vinci se oorlogsmasjiene van 1482, vele van wat Frederick in sy besit gerky het. “Wat is dit, hoe gaan die kontrepsie help?” Paulus kyk na die bladsy met ‘n afdruk van ‘n skets van ‘n drywende rondvormige oorlogsmasjien. “Hoe gaan ons hierdie eienaardige voorwerp bewerkstellig?” Frederick gly van opgewondenheid oor die vloer gryp die bladsy draai so paar keer in die rondte en skor ‘n geluid onderlangs. “ Ons bou nie lewensgrote replikasies van die kontrepsie nie maar kleiner, ongesiende weergawes!”

“Met wat se doel Frederick?”
Frederick se oë helder op sy hande maak ‘n groot beduiende sirkel “Boom.”
“Ons blaas hulle skepe met hul aankoms binne die hawe op, en dan veroorsaak ons chaos onder hulle, hulle sal so deurmekaar wees soos vlieë in ‘n warrelwind.”
Nou ‘n klomp boere was nog altyd handvaardig maar om snaakse kontrepsies te bou…
“Reel ‘n vergadering van al die gaarde van oos tot wes elke boerknaap met ‘n mes in vir ‘n ‘rooinek.’
Paulus skut sy kop, gryp die bladsy en groet Frederick.
Die gepakte kerksaal aan die buitewyke van Kaapstad brommel met elke gewillige oor wagtend op Frederick se mosie. Frederick met sy sjarmantheid kon nog van kleins vele ore bekoor. ‘Daai Da Vinci man het mos sulke vuurspoegtende gepantserde waentjies gebou!’ Roep ‘n stem vanuit die gehoor en dit veroorsaak ‘n helse gegonsery onder die skare mense. Nog ‘n stem roep uit ‘malligheig, wat weet boere van vuurspoetende goed!’

“Bedaar-bedaar tog net asseblief mense” skree Paulus met sy hande swaaiende in die lug.
Frederick glimlag net en loop tot reg voor die gehoor.
“Julle draadsitters, ongelowiges en nikswerds weet niks, Eendrag maak mag!”
Vir ‘n volle uur spreuk hy die gehoor toe, hy beduie hier en daar, spring en gly heen en weer en so af en toe skop soos ‘n perd en lê op die vloer skor snaakse geluide uit.
Net soos die gehoor hulself in ‘n vreemde snaakse bekoordheid bevind en dink dit is verby staan Frederick op. Hy loop in stilte en kyk na elke oog wat syne vang en skree uit ‘wie is met my kom ons gee die rooinekke ‘n les wat hulle nooit sal vergeet!’

Mense nou hierdie ding loop uit op ‘n donker nag, ‘n nag na vele beproewing.Dit werk so- die klomp boere gorrila’s kom ons noem hulle maar so, het met hul drywende mini plofbare kontrepsies die hawe ingevaar wagtend op die Britse vloot. Nou nie elke boerseun kon ‘n fynskut wees en Frederick het nooit die Kaapse suidooster in ag geneem.
Nou van drywende goeters gepraat wat jy met ‘n voorlaaier moes kolskiet in die pikgeid van ‘n donker nag… daai moet gedoen wees.

Nou ja toe mensies as dit so was of ooit kon wees wie was Frederick?

©Morné du Preez

679 woorde
Goue klas




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed