Kanferfoelie Genade
As die kanferfoelie blom in die nanag uur langs die heining om my hart Slaan ek my tent op in die melkweg se boeg Sing ‘n naaldekoker my ‘n wieglied op die maan Braai ek my karmenaadjie op die kooltjies van die noordster se as As die kanferfoelie blom spat sy kleur ‘n masker oor […]
Stuur my terug as ‘n wolk
Stuur my eendag terug as ‘n wolk Sodat ek vry saammet Afrika se wildebeeste die groen heuwels kan stormloop Sodat ek eenhorings onder ‘n waterval kan ontdek Sodat ek duikrolle op Kilimanjaro kan doen Stuur my eendag terug as ‘n wolk Sodat ek vriende met die wind kan wees Sodat ons saam in die golfies […]
net see
Jy is die see wat die aarde regeer Jou wit Metusalah baard breek oor jou klipperige bors Jy’s dors want jou sout versadig nie In jou onrus straf groei geen drome sonder slaap Is dit lekker om die see te wees? Te vat wat jy wil op jou eie ritme? Om met die maan te […]
verwerp om te verstaan
verwerp om te verstaan geskryf deur Dale Penderis © die grenslyn van my hart is lank en breed uitgestrek a double story built with purpose om seer siele te betrek ʼn visie en ʼn missie om jou seer te help dra, want dis wat God’s heilige woord van my vra elke kamer is versier met […]
My Visiebord
My Visiebord geskryf deur Dale Penderis © Die nagwaak kom tot ‘n einde; die son loop vooruit in ‘n groet. Die winde van verandering; gewaarborg om my te ontmoet. Verandering is ‘n feit ~ dis wat seisoene ons leer Tyd is nooit blywend; ‘n lopende meganisme; ons kan dit nie keer. Hoop en geloof vou […]
Die Môregroet
Die Môregroet geskryf deur Dale Penderis © Die son se strale deur my venster skyn warm in my gemoed hier waar ek ontwaak uit my bed my dag met ʼn hartslied begroet My keuse vandag is goeie denke, Heer soos U vir my in Fillipense 4 vers 8 tot 9 leer bedink alles wat rein […]
druiwe vir droefheid
druiwe vir droefheid geskryf deur Dale Penderis © getrapte druiwe vir droefheid gekneusde dadels vir hoop kom deel aan my piekniekmandjie die pad wil ek saam saam loop loop saam met my na die wilgers waar die groen gras welig sein waar kabbelende stroompies simfonies streel ‘wyl die nostalgie verdwyn verdwyn saam met my na […]
Somer-son se kleed
Somer-son se kleed geskryf deur Dale Penderis © Somer-son-seisoen het stadig sy lente-tjalie eenkant uit kom trek en speel ʼn skalkse een twee drie blok myself … en die wolke speel saam en omvou die son skaam skaam Somer-son: nog net ʼn halwe blom totdat hael en reën verdwyn … sal die son weer warm […]
Vandág nog!
Vandág nog! geskryf deur Dale Penderis© Vroeg maak Hy my wakker Om my pen op te tel Om alles te skrywe Wat Hy my vertel Uit die Vader se hart Na dié van Sy kind Dis waar jy die hartklop Van my Vader sal vind Wie n oor het wat hoor Laat hom dan kom […]