Jongste aktiwiteit:

Klaterson

Klaterson

As die son opkom sal ek ‘n handvol vang
Sal ek geel ranonkels daarin plant
waarmee ek op nuwemaan ‘n krans sal vleg om op my deur te hang
Sodat die son sal onthou toe ek op sy soom gedroom het lank lank terug

As die son opkom sal ek ‘n handvol vang
Sal ek sonbolletjies bak en insluk saammet “highnoon tea”
Sodat geel blomkies weer aan my siel se leë rankies sal baldadig
Sodat my koue voete weer in die sonskyn kan dans

As die son opkom sal ek ‘n handvol vang
Sal ek ‘n huisie daarmee bou langs die môrester
Sal ‘n gans goue eiers langs my venster vir jou lê
Miskien dan, sal die son, Midas, jou goudhart smelt en plek maak vir my bottergeel lag

net kulu




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed