uitspanning
na inspanning kom uitspan
die geruis van bande
die reuk van petroldampe
die warm lug van die ry
maak motor bedompig
na ure se ry die verwagting
ma se hoender boutjies
die gebakte aartappels
bruinbrood toebroodjies
slaaiblare om alles vars te hou
die kosmandjie met ‘n jammerlappie
kyk ons kinders myle uit om te sien
waar die uitspanning gaan wees
gaan dit weer by die rantjie
suid van Nylstroom wees
of verder teen die berg
naby Potgietersrus
waar ookal
ons kon nie wag
dat die mandjie oopgaan
en ons bietjie bene kon rek
langs die teerpad
noorde toe nie
so veilig en rustig
het ons gereis
van suid na noord
deur ons land
Suid Afrika
©Teárlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Daai opwagting op sulke ritte na die see het my veral vir ure uit die motorvenster laat staar na die veranderende landskappe op so 'n rit.