Somer-son se kleed
Somer-son se kleed
geskryf deur Dale Penderis ©
Somer-son-seisoen
het stadig sy
lente-tjalie
eenkant
uit kom trek
en speel
ʼn skalkse
een
twee
drie
blok myself …
en die wolke speel saam en omvou die son skaam skaam
Somer-son: nog net ʼn halwe blom totdat hael en reën verdwyn … sal die son weer warm volbloed skyn
Skyn
soos die somer-son sonder sy baadjie
skitter
soos die blink-blink sterre ogies knipper op ‘n wolk’ lose Karoo-nag
Huil
maar nie soos ‘n magtelose wolk meegesleep deur wind en reën en nie weet waarheen
Hoop
volle hoop in die Een wat alles geskep het…
Leef!
voluit son en helder lig
laat dit deur jou krake skyn
skyn voluit
midde jou winter-pyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.