Blou koevert
Toegevou en eenkant geplaas,
en omhul met ‘n mistieke aura
bring dit die onbekende nader,
geheime dra dit met hom saam.
Dit roep vreemde gevoelens op
waar dit wag om gelees te word,
verborge, toegeplak, versteek
tussen die lyne is ‘n boodskap.
Daardie geheimsinnige koevert
is nie gevul met leë woorde nie,
want die posstempel is Hemel,
die sender is ‘n Engel van God.
Die woorde is nie ‘n geheim nie,
dit moet openbaar gemaak word.
Dis ‘n uitnodiging na ‘n feesmaal
en die gasheer is die Almagtige!
30/01/2016 © C. du Plessis
3 Kommentare
-
Anze
diep gedagtes baie goed vasgepen Casper
-
neels claasen
Pragtige werk Casper en welkom by Ink
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis 'n baie interessante gedig, Casper :-)