Waar meteoriete verskiet
as jou oë deur die ruimtes van my heelal spoed om die stand van my hart te bepaal waar dit vas geanker hang aan die goudgeel maan dis dan wat meteoriete deur my are gloed om iewers in die dieptes van my hart – soos sterre te verskiet gloeiend maal die lawa-gat waarin meteotietstof in […]
Om soos ‘n kind te word in die Bosveld
Waar die bosveld, O tog so ver, maar niks keer dit wanneer Die wiele aan die rol raak na daar waar die bosveld reuk jou aanraak met n vuurtjie Vroeg oggend maak ons gereed want gou gou, gou wil ons na die wild gaan kyk van klein diertjie tot grote bok almal uit God se […]
Dis Dorpsaand
Dis Dorpsaand Vanaand wil ek dans as die sonnetjie sak ek het die week gans te hard gewerk en geswoeg— Pak op dis dorpsaand en einde van die maand vir groceries koop onthou die inkopiesakke en moenie die naweek se papsak vergeet! Die pad is tweespoor en baie sinkplaat die kar ‘n rammelkas dis tandeklap […]
GLIMLAG
Gly die mis van die nag in die valeie van vergete weg stap die oggend se son ligstrale saam met die Kerkklok se lang arm wyser die hoofstraat met ‘n glimlag in Die nag se sweet hang aan traliewerke by vergete monumente glimlag vir die skaduwees en laat ‘n dros druppel handskud met die aarde […]
Danel (3 Jaar)
My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind. Met elke dag wat verbygaan is jy besig om my te help om die waarde van leef te vind. Ek glimlag wanneer ek na jou kyk (en selfs as ek met jour raas) want jy is soos jou mamma al is daar gesê jy gaan nie wees nie. […]
Pelgrimstog van ons liefde
in die warm van jou asem trek ons liefde skadu’s in rympatrone wat sag in diftong deur die vat van jou vingers gly om vir ewig in my hart te bly waar ek dorstig – (soos in die woestyn) my kruike vul soos een sonder ‘n eie wil dan plant ek kosmos sade – (dalk […]
Jou geskenk …
ek het baie lank gedink oor die geskenk wat ek vir jou wil kry soos ‘n toffie het ek daaraan gekou want dit moet langdurig jou hart verbly ek het oor rooi papier en hartjies oraloor gedink en kersligetes en ‘n poeding en sjampanje wat in glase blink maar toe neem ek ‘n besluit glad […]
Vergane gisters
papierdun skyfie van die maan gooi seën ruim in bakhand uit oor enkeling en ook vreemdeling wat verlangend na Bowe staar met gedagtes oor wat môre weer padlangs sal baar waar die strepiesmaan dan skaam met ‘n rooi gesig deur traan-swangerwolke loer trek naglug met geraamtevingers nuwe atlase oor onbekende môres ‘wyl die skadu’s langasem […]
Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld – groei die mooiste spierwit roos, wat haar elke dag herinner, dat haar Skepper haar sal troos. Langs die muurtjie, wieg Gesiggies – soos hul knip-oog na die son, klomp gekleurde vlinders fladder, want haar Lente het gekom. Op haar stoepie, in ’n blombak – breek die eerste blare […]
Bosveldliefde
daar lê ‘n stilte in my hart se verlang na waar graskoppe wuiwend dans op die ritme van ‘n somerswind ver weg van stadsgeluide en klingende geld hier waar die dors van my siel ge-les word in savanna veld onder die geel kruin van ‘n Soetdoringboom iewers stil saam neurie aan die verdwaalde Wilger se […]