Dis Dorpsaand
Dis Dorpsaand
Vanaand wil ek dans
as die sonnetjie sak
ek het die week gans
te hard gewerk en geswoeg—
Pak op dis dorpsaand en
einde van die maand vir groceries
koop onthou die inkopiesakke en
moenie die naweek se papsak vergeet!
Die pad is tweespoor en baie sinkplaat
die kar ‘n rammelkas dis tandeklap
maar die teerpad is daar voorkant
tel nou spoed op en laat gly!
O, maar dis té lekker!
Ek ry nou in my maai
weg van die trekker se
geploeg en gesaai want
vanaand wil ek net dans, dans, dans
as die sonnetjie sak en vergeet van
laste en sorge , net maar dans,
alles net weg dans!
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
-
neels claasen
pragwerk met n pragfoto
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Goed gepen mens voel lus om ook die hotnotsriel saam te doen.