Smeulende vuur
My hart verlang, ek wonder
waar my liefde haar bevind,
daarin smeul daar ‘n smart,
net nog ‘n duister gedagte.
Sou die vrug ryp kon word,
soet soos heuning, helder,
met ‘n lewenssap wat vloei
om honger tevrede te voed.
Sou ons tesame kon staan
en gelukkig saam kon lag?
Wat ‘n wonderlike gedagte
en krag vir die lange nagte.
Ek hoor jou as jy sag fluister,
ruik jou parfuum in die nagte,
ek weet jy hou oor my wag
wyl ek rusteloos voort stuur.
Die puin van die groen hout
smeul aldag, sonder ophou,
so is my liefde vir jou getrou
want groen hout brand sleg.
20/03/2015 © C. du Plessis
5 Kommentare
-
neels claasen
Ek hou hiervan casper
-
Kiekies
Goeie gedig! Sjoe man dis hartseer!
-
Evelyn van der Merwe
Pragtige slotvers. Hou hiervan.
-
Arnold
Jy verwoord die hartseer baie goed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goed gedoen met hierdie een, Casper.