Jongste aktiwiteit:

Vergane gisters

papierdun skyfie van die maan
gooi seën ruim in bakhand uit
oor enkeling en ook vreemdeling
wat verlangend na Bowe staar
met gedagtes oor wat môre
weer padlangs sal baar

waar die strepiesmaan
dan skaam met ‘n rooi gesig
deur traan-swangerwolke loer
trek naglug met geraamtevingers
nuwe atlase oor onbekende môres
‘wyl die skadu’s langasem
(wenend) oor vergane
gisters hang

© Anzè Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed