Om soos ‘n kind te word in die Bosveld
Waar die bosveld, O tog so ver,
maar niks keer dit wanneer
Die wiele aan die rol raak
na daar waar die bosveld
reuk jou aanraak met n vuurtjie
Vroeg oggend maak ons gereed
want gou gou, gou wil ons
na die wild gaan kyk
van klein diertjie tot grote bok
almal uit God se hand gevorm
Stadig en saggies kruip ons
met voertuig nader, wanneer
grasieuse kameelperd
uittoorn bokant bosveld boom
met oog en wimpers betrag hy jou
En dink ons aan kindwees dae
saam ma en pa en al die lag
om net kind te wees tussen
bosveld, boom, en diere
omvou n liefde wat net God kan gee.
Wapper skielik in volle spoed
klein meerkatjies, wat oral oor
uit mekaar spat, vir die gedreun
van n voertuig wat nader beweeg
en hou ons in stilte hulle dop
Waterplasse en voerbakke
staan gereed, en pajama donkie
hou getrou wag met weiding
hier en dan daar, stadig in
lyn stap hul van kant na kant
Kom klein geniepsig van aap
en versteur die stilte tussen
mens en dier, met mannewales
hou hul ons dop, en spring van boom
na boom, tartend en uitgeslape.
Nader aan die huis beweeg ons
tot bokram en bokooi Njala
gemaklik en met geen vrees
die voertuig nader, opsoek na
n lekkertjie, om te kou.
Waar dan nou so lekker om
net kind te wees en dit te geniet
saggies verskyn die son tussen
blaartjies besig om onder te gaan
weet ons, ons dag was groot
God se skepping, rondom ons,
boom, tak en grond van SA
is aan boer, kind en kraai gegee
om op te pas, sodat dier en natuur
mekaar kan geniet, want kind wees
is wat God vra, om dit geniet.
5 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek
-
Koekekranka
Welgedaan!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Dis n pragwerk hierdie