Jongste aktiwiteit:

Meisiekinders van my Hart

Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my,
in die fleur van jul lewe, staar jul deur my
laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer.

‘n Moederhart sing van plesier,
want gebede het waar geword.
Eens in verhoudings verstrengel,
raak gebede die toppunt van my lewe.

Blou oog pragtig, verras my telkemaal.
Met ‘n ingetoeë wegdeinsigheid tot
‘n borrelende stukkie pratende figuur,
wat oorloop van verlange na gesels.

Bruin oog pragtig, onomwonde terugflitse
met nuut gevonde verhouding,
bring weer lag terug op die mond.
Stemmig tog stil, bring verrassende oomblikke.

Here aan U die Eer vir gebede met beloftes
wat waar geword het, beleef ek dat U
Alomteenwoordig, elke hart se behoeftes
vervul met “Ek sal jou nooit verlaat nie ‘’




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed