Jongeman met Heimwee
Dis vroeg oggend dou voor dag,
almal aan die beweeg en geskarrel,
Kinders maak gereed om klas toe te gaan.
Skielik vang my oog hom,
daar eenkant, kyk hy vir my
op die trappie staan sy tas
in my gedagte sien ek die
vriendelike seun altyd by snoepie
More my tannie, hoor ek sy woorde
soos elke ander dag oor en oor
en ek stap nader, ja seun wat se jy vandag.
En n glimlag verskyn op sy gesig,
gaan goed tannie, en tannie.
Diep in my binneste se my hart,
Wat n pragtige seun, sou graag n seun soos jy wou gehad het.
Skaam en teruggetrokke begin hy
n gesprek met my te deel.
En vertel my van die pragtige
meisie wat saam met hom klas het.
En ons deel en ek se, maar vra haar dan, vra is vry seun,
jy sal nooit weet as jy nie vra nie.
Dae het verby gegaan, en nooit eendag gemis,
sonder dat hy kom groet het nie.
Tot een middag, tannie hier is sy,
groot was my verbasing, my eie dogter,
en ek in ekstase, maar van korte duur, want iemand anders
het na n paar maande ook so gevoel, en haar hart was by die ander een.
N pad het ons geloop, allermins was jy altyd in ons gedagtes.
Besoeke was by jul huis afgele
Besoeke was by hospitaal afgele,
Maar jy, het daardie spesiale seun gebly,
jy was vir ons soos ons eie, liefdevol,
met jou heimwee en verlange om ook soos gesonde mense te wees.
Vandag word jy in ons harte gekoester,
want jy is na Ons Vader se huis, en weet ons met rede
Jy was ook gegun aan ons, n
seun wat ons nooit kon gehad het nie. Lief jou ewig lank.
©Louisa van Vliet.
2 Kommentare
-
neels claasen
soos Carma dit stel hartseer mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'N hartseer-mooi verhaal ☺