Jongste aktiwiteit:

Selfie, die selfoon in ding.

So selfversekerd neem jy elke mense in jou mag in,
vasgevang in ‘n web kom geen een meer klaar sonder jou nie.

Van boodskap na boodskap
dring jy deur in elkeen se privaatheid in

Dis facebook, Whatsapp en we chat
noem maar op en elkeen is so bewus van jou

Van soetwoordjies tot skelwoorde
van christen tot anitchris
Reenboognasie het jy in beslag geneem.

‘n Vierkantige klein breintjie wat tog soveel
mag het om oud en jonk in die verderf te lei

Jongmense wat weggerokkel word van
net gewoon menswees te wees

Miljoene mense, miljoene selfies
en tog bring jy selfie geen geluk vir hul na vore

Want iewers langs die pad word menswees in
bewustheid gebring van lewe, en selfie net maar
‘n klein blikbreintjie




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed