Jongste aktiwiteit:

Drome in hopies

Onder beskutte skadu’s
van oorhang treurwilger
vleg sy sielseer hopies –
groen rietjiesvlei blare

Paddakwaak word stil
deur haar rouseer gil
haar balvuis donder –
deur hopies wat tril

Snikke skeur die sfeer
as haar basuin repeteer
haar wêreld geannekseer –
deur rowe afgeskeur

Fetushopie lê sy daar
was alle drome dan onwaar
pupille prewel hemelwaarts –
as God’s goudstof blink weerkaats




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed