Vlooitjie
O vlooitjie, o vlooitjie,
wat soek jy tog in my hare.
Jy loop daar rond en voel baie honger,
maar jy gaan daar verdwaal soos tussen ‘n groot skare.
Vlooitjie, gaan sit op iemand anders se kop,
ek is ook nou al moeg gekrap,
loop weg, of vlieg jy?
Dit is nie nou meer ‘n grap,
jy kan nie net in my hare wil bly.
Vlooitjie so klein en fyn,
voor ek jou kan raak slaan,
het jy lankal reeds,
soos mis voor die song verdwyn,
jy kan nou maar na ‘n ander plek toe gaan.
O vlooitjie jy is so baie kleiner as ek,
ek wil jou nie graag slaan,
want dan beteken dit mos ek boelie jou,
maar dit is wat gaan gebeur,
as jy nie nou iewers ander heen gaan,
ons almal moet maar soms op die harde manier leer.
Krap ek hier, krap ek daar,
dit voel of die vlooitjie in my hare verjaar.
Hulle hou partytjie, lyk dit vir my,
daar slaan ek darem nou raak,
dit voel of hulle weg is, ek hoef nie meer te krap,
ag man, nou is ek sommer blêrrie baie bly …
©Timothy De Vos Botha – 22H25nm – 26 Maart 2016
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Hehe, Timmie, daardie vlooitjie sal jy moet vang en tussen jou naels stukkend druk. Anders besoek hy jou binnekort weer 😀