Jongste aktiwiteit:

Maak oop jou hart se deur sodat jy van vooraf kan leer…

Liefde bedek die hart se seerste wonde,
wanneer jy weer liefde vind na ‘n seer tyd,
is dit beslis ‘n baie goeie besluit,
om weer iemand met jou hart te vertrou,
en weer vir iemand te sê:” ek is lief vir jou.”

Dit gebeur nie sommer net vinnig nie,
want mens moet van vooraf leer liefhê,
daar is ook eers baie woorde vir jouself te sê-
van vooraf leer vertrou,
voor jy weer die woorde kan hoor van,
ek is baie lief vir jou.

Daar is ook baie deur die seer wat ons beleef,
te leer, soos om iemand vir sy skuldes te vergeef.
Liefde bedek die hart se wonde,
maar God is saam met ons deur elke stap wat ons neem –
elke liewe sekonde.

©Timothy De Vos Botha 20/03/2016 13H04nm




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed