Jongste aktiwiteit:

Waar meteoriete verskiet

as jou oë deur die ruimtes
van my heelal spoed
om die stand van
my hart te bepaal
waar dit vas geanker hang
aan die goudgeel maan
dis dan wat meteoriete
deur my are gloed
om iewers in die dieptes
van my hart –
soos sterre te verskiet

gloeiend maal
die lawa-gat
waarin meteotietstof
in swaar emosie brand –
en steenkool liefde,
tot diamante bind

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed