Dorre krake
huilend loei die westewind
deur hulp’lose vee
se karkasbene;
waar hul oë smagtend
(na genadewater )
verward na bowe vlug
hang dit daar soos verlepte sonne
in droog-oog traan
oor ‘n stof-rooi horison
prewel-bede
stort hakkelend
sodat hemele saam sal huil
dat daar steeds iewers
‘n vuis-wolk sal skuil
sodat lewe weer
oor verdorde damwal
oop sal skeur
hartbrekend skreeu die gebulk van vee
mag die Vader spoedig reën laat val
met Sy vinger oor dorre aarde vee
sodat krummels van verdorde plaasdam
(waar afgebidde reëndruppels
juigend na benede kan plons )
om die droogte krake
met genade te oorspoel
© Anzé Bezuidenhout
4 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Ken ons nie ieder en elk hierdie hartseer blik as ons staar oor 'n lappie grond wat smag na Sy genadedruppels. Pragtig beskrywend gepen.
-
Annamarie du Toit
Baie mooi beskrywend.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
so n passende werk vir n bitter droë Vrystaat