Die mooi van die donker
Ek weet ek smag na die passie
en die hunker
die verlange van voel
terwyl ek moet lewe
om te strewe
na vrede en rustigheid
maar ek soek
die seer van (te) lief wees
en na die vraag binne jou
wat ook in my is
terwyl ek weet ek moet vergeet
van die magiese donker
wat roepend aan my fluister
dat ek behoort
aan die passie
en die voel
van die nag.
© Anria.
2 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Verlange en hunkering na die ontoereikende hier voortreflik uiteengesit.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie, diep, Anria. Goed gedoen met hierdie een