Vir ‘n prinses
punt jou tone teen die blou
kyk hoe luv die winde
jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra
en as ‘n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra
soek diamante in sy oë
vra hom of hy glo
in die liefde
en of hy omgee vir die diere van die veld
en vir ‘n perd en vir ‘n hond
dra jou rokkies bont
dans oneindig onder sterre
en die edeltin van mane
(onthou, daar’s baie meer as wat mens sien)
jeans is ook okay
en laat waai jou hare in die wind
die son sal self die amber
en die vlamme daarin vind
en punt jou tone teen die blou
en weet
wéét
hoe luv die heelal jou
C. Shaw
22 September 2015
4 Kommentare
-
-
neels claasen
Een van carma se ou werke at sy uit haar skatkis haal om met ons te deel. dankie Carma
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis vreeslik mooi!