Visvang in die vlakwaters.
VISVANG IN DIE VLAKWATERS Geskryf deur Fanus Strydom 2763 woorde Die grondpad van die opstal af dam toe was vêr. Baie vêr. Maar gelukkig afdraende omtrent al die pad. Behalwe vir een vervelige, lang stuk waar dit eindeloos reguit en onophoudelik gelyk voor mens uitgestrek het. Tot by die plek wat gevoel het soos die […]
Geluk so innig
In die stille huil van woorde Loop kronkelpaadjies opsoek na ‘n nuwe hede ‘n mooie sonder doringdraad Of ‘n leë hart vol smart Geluk toegedraai in mos Al die hartseer agterlos Waar kuddes huppel, vrolik uitgelate Deur groen sagte gras Die seewind wat roep, in ‘n toegevoude skulp se hartklop Jou wese deurspoel met liefde […]
Winkeltjies om oor huis toe te skryf
(woordtelling 1717) So byna verstik ek aan my graanvlokkies toe die nuus breek dat daar ʼn moontlike R3 prysverhoging in die petrolprys gaan wees. Dit voel asof die nuusberig van iewers baie ver af aangesweef kom. My ore sing skielik te hard en terwyl ek en Hubby met groot oë na mekaar sit en staar, […]
klein oomblikke (Silwer)
soms raak my woorde min en moet ek skryfplek soek dan vul ek my digtershart se leë woord-fontein met die lewe se klein oomblikke tot dit bor’lend oorloop my woorde liries laat vloei en ek raak rustig aan die slaap gedig en skryf-lier in die hand
lentevreugde (Silwer)
die eerste belowende klanke van die lente se lieflike lied laat my ~ heel uit pas ‘n baldadige dansie dans op die postlude van die kwynende winter
simfonie in pers (SILWER)
simfonie in pers dit is Jakaranda-tyd in Johannesburg en Pretoria pronk in purper-pers die wind streel met ʼn sagte hand oor die Jakarandabloeisels in die laan net gister was die aarde nog vaal nou jubel groot trosse bloupers blomme aan punte van dun takkies en sprei ʼn perstapyt uit in die laan ʼn Hadeda sprei […]
Blommelicious
Woordtelling 631 Dis maar moeilik om oor enigiets liries te raak wanneer jy weens die hoë petrol prys tuis moet bly en saans noodgedwonge by kerslig in mekaar se oë sit en staar. Dis nie eintlik om voor te gee dat jy in jou aftreejare skielik ‘n opwelling van romanse ervaar nie, maar veel eerder […]
Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
wense
. mag jy baie geseënd wees mag jou dae vol sonskyn wees mag jy net gesondheid en liefde leef mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer mag elke dag se daglig jou weereens tref mag […]
liefdes oomblikke
– die oggend ster blink in jou oë sonstrale kleur jou vel in pastel jou hare blink in goue strepies my hart versag, ek adem jou in – oor jou skoonheid heers vrede gedagtes rimpel oor jou aangesig nooit eentonig maar tog gedweë verdiep my hart se wense saam – lang skadustrepe vestig geheue laatmiddag […]