Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
My doringhart vlinder-vry
Toe jou sagte glimlag my bereik het my hart snellend posgevat gesweef op ‘n maanvlinderpad word die stratosfeer ‘n nuwe koninkryk want die grond van my hart was bevlek hard en vlak met dorings oortrek. ©Z.Kochk
Jou huis se geskiedenis.
Jou huis se geskiedenis. Meeste van ons is so gelukkig om in ʼn huis te kan woon. Het dit al by jou opgekom dat elke huis sy eie geskiedenis het? Dieselfde geld vir elke woonstel of enige gebou. Vrae wat opduik is: wanneer is die gebou opgerig? Hoekom is die gebou oorspronklik gebou? Wie het […]
As jy kan droom.
As jy kan droom. Elkeen van ons het ʼn ingebore hunkering om eendag ons eie huis te besit. Toe ek ʼn jong meisie was, kon ek ure rondry en huise kyk. Die gewoonte is gevorm toe my pa ons op Sondagmiddag-uitstappies geneem het. Ons sou van Walvisbaai ry na Swakopmund om draairoomys te koop, dan […]
kom na my huis – my woning (SILWER)
kom na my huis – my woning hier waar my hart is, sal jy my vind tussen my ougoed en onthougoed met ʼn leksel verf en skeut sentiment ʼn muurbehangsel op katoen gedruk vrolik laggend gesigte in portretrame vertel ons woning in sy stille woorde vir jou die pad van ons lewensverhaal … ©Marlene Erasmus […]
huis met eenduisend kamers (Silwer)
my hart word ‘n huis met eenduisend kamers wanneer ons minne-skadu’s lok en speel teen ‘n ontvanklike muur en ons omhelsend saamsmelt in perfekte liefdesharmonie
My siel, my spirituele woning
My huis is werklik net waar my hart is en nie noodwendig waar my lyf homself bevind nie. En as jou hart gelukkig is, is enige plek op die aardbol reg. Dit gaan selde oor die meubels of peperduur ornamente wat in ʼn huis rondstaan wat dit ʼn woning, of eerder ‘n tuiste, maak. Daardie […]
Waar is jou ware tuiste?
Waar is jou ware tuiste? Wanneer ons nuwe mense ontmoet, duik die vraag dikwels op: “Van waar is jy?” Dan word daar gewoonlik ʼn dorp se naam genoem en uitgebrei oor ʼn sekere buurt of huis waar die persoon bly. Kom ek vertel vir jou: ek is ʼn Namibiër in murg en been. Ek is […]