
liefdes oomblikke
–
die oggend ster blink in jou oë
sonstrale kleur jou vel in pastel
jou hare blink in goue strepies
my hart versag, ek adem jou in
–
oor jou skoonheid heers vrede
gedagtes rimpel oor jou aangesig
nooit eentonig maar tog gedweë
verdiep my hart se wense saam
–
lang skadustrepe vestig geheue
laatmiddag grys in herfs kleure
plooi jou aangesig in diep spore
laat my trane vlak en bewerig lê
–
oor die donker blou nag se wolke
soek sekelmaan ook naarstiglik
na sy plekkie op die silwer rant
terwyl my siel op sy reis vertrek
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.