Jongste aktiwiteit:

Geluk so innig

In die stille huil van woorde
Loop kronkelpaadjies opsoek na ‘n nuwe hede
‘n mooie sonder doringdraad
Of ‘n leë hart vol smart

Geluk toegedraai in mos
Al die hartseer agterlos
Waar kuddes huppel, vrolik uitgelate
Deur groen sagte gras

Die seewind wat roep,
in ‘n toegevoude skulp se hartklop
Jou wese deurspoel met liefde
Al die tronk emosies vrylaat

Waar die son vir jou ‘n liedjie skryf
Elke gedagte, elke asemteug
goudkleurige spatsels daglig,
skoon en ongeskend jou hart se taal ken




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed