Skaduwee
Skaduwee
in my môre waar
sonkolle somerdans
tussen tenger takke
raak warm koeler
in die skaduwee
vanmiddag as my son
slapgeel geil gaan lê
die bries ‘n rilling gee
is dit koeler
in die skaduwee
vanaand wanneer
slaap my ouderdom verraai
my dae wydgerek gaan lê
raak dit grafkoud
in die skaduwee
© Grootvissie
Junie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.