Jongste aktiwiteit:

Oëverblindery

Maal jou gedagtes
soos myne vandag –
of is joune lankal stil?

Ek probeer tevergeefs
om dit af te lag
maar myne
dwaal af teen my wil.

Gebeur dit ook soms
dat jy terugkyk na ons
en wonder,
hoekom die die heelal
oor liefde sal lieg?

Was jou liefde vir my
net oëverblindery –
of het die heelal
ons albei bedrieg?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed