Jongste aktiwiteit:

Boemelaar

Boemelaar

Hy staan verslete langs die pad.
Uitgestrekte hand om te bedel vir ‘n rand.
Wat het hom daar laat beland?
Het die lewe hom heeltemal afgemat?

Verskroei, verkreukel en verslae,
staan hy langs die pad vir dae.
Soms kry hy ‘n sagte brood,
ander kere ‘n harde woord.

Hoekom bly hy daar staan?
Skaam, verleë en gestroop,
van sy hele menswees en al sy hoop.
Is daar geen ander weg om op te gaan?

Sy oë is altyd afgekeer,
om mense se oordeel af te weer.
Kan ek vir jou bid?
Want sien, soms is ek ook ‘n boemelaarskind.

© Janita Rossouw




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed