Jongste aktiwiteit:

Oer-oorsprong van die liefde…

En jy vertel vir my tog só bitter graag
-met adres agter-op dié ou koevert!-
van tienderjare-gissings en die vraag
na jeug se droom: “Is dit nog ietsie werd?”

Maar sou jy (…ás jy nog my briefies hou…)
dalk, net dalkies(!) die toekoms-in onthou
van die stortvloed van woorde wat getrou
met hartklopliefde aan jou trou wou klou?

Ek lees verweerd jou briefies keurig mooi
in o, só mooi die mooiste, móóiste mooi.
Maar nou, in die állermooiste ooit getooi,
wéét ek dis God wat oorvloed liefde strooi!




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed