Ndiyabulela Enkosi Amakeia
Uit die blou van onse hemel het die spiese neer gereën en skree sy bloedstollend tot die kranse antwoord gee. Deur die ver-verlate vlaktes het sy die kind saamgedra, het sy die kleintjie en haar belofte in haar hart ge-abba. Jou heldedaad is nou ‘n roepstem,’n les om by te baat; jou woord was jou […]
Ere aan Amakeia
Op die grens van Kafferland het jy menig’ Amakeia deuntjies in die skitter van die awendster aan die witkind sag geneurie al was sy mamma bitter ver Want daar’s aan haar belowe sonder huiwer, sonder kla toe sy sterwend aan jou vra dat jy die kleine piekanini tot die dood op jou rug sal dra […]
LAASTE LAG
‘n Slot wat knars ‘n skoot wat bars ‘n halfmas vlag en laaste lag die dood ‘n Reënboog rank ‘n leë bed ‘n ope graf en laaste lag die dood ‘n Leë krip ‘n oes verbrand ‘n man word groot en laaste lag die dood
TYD
Sand dros uit die gebreukte uurglas sluipvoet uit en vorm strepe korrels op my lewens padkaart terwyl die dou dans in die nag se kammagat gedagtes Die uurglas verstik verstop en kielie tyd om aan te stap gejaag deur die son se voorslag Die son kom bloei sy goue gulde op my voorstoep uit en […]