Jongste aktiwiteit:

psige van trou

 

 

“wanneer twee mense trou word hul een”

(baie wonder egter ‘n leeftyd lank: watter een?)

 

om getroud te bly

moet jy multilingual-isties wees

uit jou meta sal jou beta tevoorskyn kom

soos jul saam die sakke sout verorber

sal geluk metastateer

 

vir die vrou, moet sy verstaan

dat daar vier tipes mans kan wees;

die onbewuste nie-aanpasbare

die onbewuste aanpasbare

die bewuste nie-aanpasbare

die bewuste-aanpasbare

 

vir die mans moet hul verstaan

dat daar ses soorte vrouens kan wees;

alpha – Selfgeldend, doelgerig, selfversekerd, invloedryk, sterk wil.

beta – Lojaal, goedhartig, emosioneel intelligent, gereserveerd, ondersteunend.

gamma – Emosioneel volwasse, intelligent, selfverbeterend, gebalanseerd, wys.

omega – Diep individualisties, introspektief, kreatief, onkonvensioneel.

delta – Gereserveerd, ervare, selfbewus, emosioneel bewaak, introspektief.

sigma – Onafhanklik, enigmaties, non-konformisties, selfstandig, innerlik sterk.

 

dit alles sny diep en tweesnydig

om aan te pas by mekaar is ‘n vereiste

vir enige verhouding om te kan bestaan

is om bewus te wees van jou lewensmaat

se persoonlikheidstipe baie belangrik

om bewus te wees van jou eie

dalk nog meer belangrik

 

daarom kan die gelowige sê:

alles is net genade van Bo

 

© Tearlach.

(Navorsing toon dat die persoonsoort van ‘n persoon die kwaliteit van vriendskappe en verhoudings wat hulle op die langtermyn het, kan beïnvloed.)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed