bedek
Liefde bedek ons
streel ons siel en gees
onselfsugtig, eerlik en skoon
onopgesmuk, teer en vol wysheid
saggies en teer, sonder enige verweer
soos wilgertakkies in die dralende wind
versnyde klanke van bamboes wat buig
wappenerende vlae, vas aan ‘n paal
van waar dit kom, weet ons goed
waar dit heen gaan, droom ons
van ‘n tyd en plek, waar alles
ons swakhede sal bedek
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.