draak
in donker van nag
speel drama nou af
nouer as nou in aaklige
strate van nagmerries
waar donker heers
telkens die diepte van nag
wanneer my gees wil rus
verskyn Raka-beelde
stormende geeste
van onvolmaaktheid
greinsende gesigte
vol donder-en-bliksem
speel oor duine van sand
riel teen klowe af in banale
gekners van mense-tande
dan uiteindelik, kom vrede
van dagbreek se eerste ligstrale
oor hoogste duine soos musieknote
oor die verhoog van my lewe
vreugdevolle note oor dag
sielvolle ure speel af
elke beeldstuk vervul met vrede
saggies breek die dae in vreugde aan
speel die tonele in reëlmaat af
tot eindspel in skemer wink
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.