applous
ry jy op die golf
van intellektuele
gedruis oor woorde
of skryf jy wat jy voel
soos net jy daaroor dink
oudmodiese woorde
wat dalk uit jou
eie jongdae
kom
skryf jy uit die hart
of skryf jy vir die eter
verslind hul jou woorde
soos slaai op warm dae
waar lê jou siel dan
begrawe onder
al die applous
of is jy uniek
net jy self
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.