Tydlose stryd
Tydlose stryd
As liefde my nie aanstaan,
ek nie daarin vasval
of rotsvas glo nie,
hoe kan jy dan
iets van my verwag,
hoe kan ek uit niks
enigiets opoffer
of sonder trane
alles net verloor?
As ek leeg van liefde
se emosie sou leef,
hoe kan ek vervulling,
waarde gee
of vashou aan dit
wat geen nut offer,
sentimente wegpak
in my hartkas of ‘n koffer?
As my binnehart
soos staal sou wees,
klinkend soos ‘n klip,
sal geen woorde of
oortuigings my wond,
geen getuie kan getuig
teen die woorde
uit my liefdelose mond.
Diep in my siel
eggo liefde, dit
voeg waarde aan
my werklikheid.
Sonder liefde
is ek reeds verlore,
klaar dood
in ‘n tydlose stryd.
© Christo Visser
Januarie 2020
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.