Jongste aktiwiteit:

Leemte

Leemte

In die holtes
van die kussings
waar jou hare eens
verstrooid gelê het,
is nou niks.
In die gaping
van ‘n leë klerekas
hang net hangers,
kaalgestroopte
nagedagte van jou.
Agter my oë
se skaduwees,
in my binnegange,
is jy afwesig,
jou beeld
vaal en dof.

Kan
iets nuut
die leemte
in my
vul?

Christo Visser
Januarie 2020




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed