Hand van die Pottebakker
Hand van die Pottebakker
Deur: Ryno du Plessis
Harde klei word geknie, die lug moet uit — so word dit voorberei.
Met nat hande vorm die kuns, ’n proses lank en diep, voor die finale stuk.
In Sy hande het Hy ons gemaak, met bloedbevlekte hande vorm Hy ons na Sy beeld.
Soms bring die lewe soveel seer, dit voel of ons nie meer kan keer.
Maar Sy hand bly in beheer, niks kan ooit Sy werke keer.
Wanneer die lewe druk en buig, onthou: God is besig om jou te leer.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.