Onweersdag (Silwer)
Vanoggend treur my ruit
sonder skaamte of verweer
in slierte loop sy trane
huil hy aanhoudend in koue weer.
Die wind treur sy hartseer
suis deur gebreekte glas
sy stem goël deur spasies
waar eens ventsters was.
Die wolke hang in donker
soos n kombers met veredons
omvou moederaarde
‘wyl blitse om hom gons
maar blomme baljaar in water
bome dans in rëen
natuur verlustig in vreugde
oor onweer om hom heen.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek