
Natuurstudie (silwer)
Had sy ‘n stem, woorde, hande en ‘n pen,
glo ek sy sou die proefskrif
oor om te leef
en onvoorwaardelik lief te hê
met onderskeiding voor ons neer kon lê
maar dalk was dit ‘n Godsbesluit
dat jy en ek
haar stom lankmoedigheid
deur voor- en teëspoed gadeslaan
sodat ons ook die brute krag
binne haar broosheid kan verstaan
©️Elize Kruger
26 Julie 2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Julie 2023 – OOP projek