Oupa
Oupa
Deur: Ryno du Plessis
Op die stoep, koffie in die hand, daar agter die berg se rant.
Oupa het gebly, op ’n plasie, tog so vry, daar waar sy siel vrede kon kry.
Goed het hy my geleer: “My kind, God is altyd in beheer.”
Jy moet die lewe waardeer, jy kry hom net een keer.
Vandag as ek aan Oupa dink, bly sy woorde in my hart insink.
Maak nie saak wat die lewe bring, jy moet altyd ’n loflied sing.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.