Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoop (Silwer)

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 31 Oktober 2019 Aantal woorde: 80 412 Kere gelees 15

Hierdie naweek sien ons nie
die bar Karoo
of dors bokkies en boere wat sukkel
om in God te glo.

Ons negeer ons tienrandnoot
wat na die storting
as een rand begroot.

Die heuwels en velde stoot
geloof en blare
soos die kleur van die bloed
deur ons honger are.

Hierdie naweek is ons behoud –
hoor ons die skare,
voel ons die veld,
dra ons ons manne
na roem en goud.

Charleine Collins © Oktober 2019
Foto: https://ewn.co.za/2019/10/31/springboks-erasmus-nominated-for-global-awards




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 104
Kommentaar telling: 40

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 116 gaste aanlyn

Bydraes – Argief