
transito siklus
twee vlakke beweging vind plaas
bo hang daar lewens in suspensie
onder vind die roof nou plaas
bo jag die ontsnappende voertuig
onder jaag dit onverskillig voort
bo skiet daar iemand na benede
onder jaag dit woes verder
bo skiet daar nog iemand tot dit tref
onder kom voertuig tot stilstand
bo hang die jagters rond
onder neem voetgangers oor
bo hou jagters steeds wag
onder word rowers ontwapen
bo gaan jagters na volgende roof
onder word rowers in hegtenis geneem
oneindige beweging van twee vlakke
vind plaas en herhaal telkens weer
want bo jag die jagters onverpoos
onder word rowers vroeg vrygelaat
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.