
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer
het sy nardusolie aan sy voete kom smeer
plaksels van sy siel het een-een afgedop
gister se newels het om hul stof opgeskop
sy asem het wild-warm in haar nek geblaas
‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas
helder in haar eensaamheid het sy haarself onthou
geroep na ‘n Heiland om aan vas te klou
haar woorde het koud in haar gebed geraak
en toe hy met kaal hande haar bors ook oopkraak
moes sy haar offers in sy skoot kom neerlê
asof dit haar sou red van alles wat hy nog wou hê.
© April 2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
4 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, dis lieflik Caren!
-
Driekie
Soos altyd, uitsonderlik geskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek