Nes ‘n skugter veldblom
as jou vingers soos rivier-riete wat met water speel oor die kurwes van my lyf kom lees teken jy nes ‘n blinde liefhê tekens in voelbare Braille vul jy elke dorre bars soos welkome reën sodat ek bloedrooi nes ‘n skugter veldblom kan bot © Anzé Bezuidenhout