Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Soos die Val van die Dobbelsteen

Deur Adri
Datum gepubliseer: 7 Januarie 2022 Aantal woorde: 11357 325 Kere gelees 10

Wanneer sy haar mediese tas vat en begin stap in die rigting van die uitgang, voel sy die rugby bal haar liggies teen die kuit tref. Sy draai terug, sien hoe die hele span in afwagting wag vir haar reaksie, skielik is sy lus om hulle terug te kry, en sy weet, sy kan.
Sy sit haar tas neer, neem die bal, en van die kantlyn, op die halflyn, sit sy ʼn skepskop in die middel van die pale deur. Sy sien die sprakelose gesigte, en met ʼn wuif van haar hand vat sy haar tas en stap sonder om terug te kyk onder die pawiljoen van hierdie pragtige rugby stadion in.
Die glimlag en die gevoel van warmte bly by haar wanneer sy deur die strate na die Akademiese Hospitaal ry, dit was sover ʼn heerlike tyd wat sy met die spelers van die Noorde deurgebring het, en in haar weet sy, beskou sy dit as ʼn voorreg dat ou dokter Wessels haar gevra het om hom af te los vir die laaste deel van die seisoen terwyl hy herstel na sy operasie.
Sy skud die gedagtes aan die rugby af sodra sy die hospitaal instap, hier is dit sy en haar werk, en deel sy dit selde met enige ander gedagtes, dit is wat sy wil doen en wees, geneesheer, chirurg, Professor Dana Delft.
Dit is laatnag wanneer sy in die koel Pretoria nag uit die hospitaal stap, en sy staan een enkele oomblik onder die oop hemelruim en die weemoed vat aan haar, die weemoed wat eensaamheid soos hare bring.
Sy skud dit af, klim in haar motor en ry stadig na haar huis teen die Magaliesberg.
Wanneer Dana uiteindelik voor die spieëltafel in haar kamer sit, kyk sy verby al die rykdom, verby dit wat haar na aan haar hart lê, kyk sy in haar eie hart in, daar waar die pyn en eensaamheid sit.
Sy sien haarself gestroop van die gemaak opgewekte gesig, die alomteenwoordige glimlag. Sien sy haarself presies soos sy is, vyf-en-dertig, met ʼn aantreklikheid eerder as die mooi van ʼn vrou, gitswart hare met ʼn effens beduidenis van grys teen die slape en in die kuif wat so effens oor haar voorkop lê, en sy voel die vermoeienis van die geheim van haar lewe in haar.
Wanneer sy uiteindelik na een stil word in haar kamer, wend sy haar tot haar God, en is sy tot trane toe dankbaar vir Sy genade vir haar, sy weet dit kon so anders vir haar gewees het, soos met Denys.
Wanneer sy haar oë sluit, is daar een gesig voor haar, een paar helder blou oë wat uit ʼn sterk aantreklike bruingebrande gesig vir haar lag, en sy weet waar die bal vanmiddag vandaan gekom het, hy met die nommer agt op sy rug, en sy glimlag met weemoed in haar, en verval in ʼn droomlose slaap.
Sy voel opgewek wanneer sy die volgende middag uit die Universiteit se gronde ry en is amper ongeduldig met die tyd wat die kort rit af in die straat na Loftus neem, sy moes al daar gewees het vir haar sessie met die span, maar soos altyd kon sy nie die studente weg kry nie, en tog gee dit haar plesier, sy lief hulle, en hulle wil graag meer, en meer tyd by haar deurbring.

Sy parkeer haar motor op die plek wat aan haar toegeken is, en wanneer sy uit die motor klim is hy daar, die blouoog wat haar gedagtes so teister, volwasse in sy agt-en-twintig jaar, amper twee meter lank, en sterk, baie sterk weet sy.

“Wag laat ek jou tas vat Professor.”
Sy laat dit haar welgeval, ‘Waarom nie, niks sal ooit gebeur nie’.
“Dankie, dit sal gaaf wees.”
Hulle stap in stilte langs mekaar deur die paviljoen na die gimnasium, en sy voel die woeling in haar, en sy weet sy moet ʼn houvas op haarself kry.
“Wat was daardie skepskop gister,” vra hy, terwyl hy probeer om haar oë vas te hou met syne.
Dana weet sy het gewag vir die vraag, sy weet sy kan nie regtig antwoord nie, en sê met oë wat wegdraai, “Gelukskoot.”
“Nee daar is nie sulke gelukskote van iemand so fyn en vroulik soos jy nie.”
Om die vraag te probeer ontwyk lag sy, en wanneer sy opkyk in sy gesig, “Dankie vir die kompliment, indien dit so bedoel was.”
“Jy is welkom, maar Professor so maklik gaan jy nie wegkom nie, jy kan daardie bal van enige plek op die veld af deur daardie pale sit, nie waar nie?”
Skielik is sy moeg, moeg vir die voorgee, die wegkruip vir haarself, haar krag en besonderheid. Net hierdie eenkeer, net by hom vir een enkele keer in haar lewe.
“Ja, ek kan dit van enige plek, enige tyd doen.”
Hy vra dit met erns op sy gesig, “Hoekom.”
Sy voel die tamheid in haar, “Maak dit saak?”
Wanneer Aiden die vermoeienis in haar stem hoor, die moegheid in haar skouers sien, los hy dit, wil hy nie die gemoedstemming tussen hulle vertroebel nie, want hy weet hy begeer haar nabyheid, hy begeer haar.
“Jy het iets wat niemand anders het nie, weet nie wat dit is nie, maar jy het ʼn beheer en krag wat ons almal voel, wat ons almal trek.”
Dan is hulle in die gimnasium en is die gesprek verby, maar die gevoel tussen hulle bly.

Dana skud die gevoel af, sy is hier om hierdie span se welstand te verseker, is sy nie die wêreld bekende neurologiese chirurg nie, die een wat elke sport besering wat bekend is, kan herstel, amper enige mens kan herstel, net die een wat sy met haar hele wese wil herstel, kan sy nie, en die trane brand agter haar oë.
Dit is Ryk Schoombee se stem wat haar uit haar gedagtes ruk, “Professor, kan ons vir een oomblik gesels voor jy met jou sessies begin?” Dana weet dit is die skepskop, en sy kan haarself skop daaroor, haar vervlakste ‘gebrag’.
Wanneer sy in sy kantoor instap, sê sy gemaak ongeërgd, “Seker, wat is dit.”
“Die skepskop gister, waar kom dit vandaan?”
“Sal jy my glo as ek sê dit is jare se oefen saam met my broer?”
“Nee, almal in daardie vertrek het jare se oefen agter hulle, en geen een, nie eers Grant kan jou dit nadoen nie, so nee ek sal dit nie glo nie.”
Skielik is Dana moeg vir die speletjie, en wys sy na die boek op die lessenaar tussen hulle, en sonder enige uiterlike tekens, skuif sy die boek met die krag van konsentrasie heen-en-weer op die tafel, ʼn baie ou speletjie tussen haar en Denys.
Ryk Schoombee staan sprakeloos, dit het hy al gehoor, maar nog nooit gesien nie.
Dana draai om, en maak sy die deur toe deur net daarna te kyk.
“Daar is hy, die geheim is uit.”

Die ongeloof op Ryk Schoombee se gesig is kostelik vir Dana, en sy lag.
“Wat noem hulle dit nou weer, en oefen ʼn mens dit, of is dit ʼn besondere gawe?”
“Telekinese of Psigokinese, ʼn gawe wat ongelooflike konsentrasie vereis sê hulle, glo hulle, noodlot dink ek soms.”
“So die skepskop het niks met die skop te doen nie.”
“Nee ek kan die bal met net my konsentrasie deur die pale gesit het.”
“Sonder om daaraan te vat,” en Ryk se gesig wys sy ongeloof.
“Moontlik, maar dit sou nie die uitwerking gehad het wat ek wou hê nie,” en sy glimlag in sy gesig.
“Besef jy wat jy het?”
“O Ryk, dit besef ek, en weet ek my hele lewe lank, hoekom dink jy speel ek geen sport nie?”
Wanneer sy die ongeloof op sy gesig sien glimlag sy, “Ek het toe ek klein was wel gespeel, maar ek het altyd gewen, oneerlik gewen, want ek kan objekte, ruimte, tyd en energie manipuleer, so ek het genoeg van wen in my lewe gehad.”
“Jy kan ons …”
Sy skud haar kop, “Moenie dit sê nie, want dit het ek nog nie gedoen nie, en ek sal nie, wat julle vermag het, is julle eie konsentrasie en vernuf.”
“Dit is nie heeltemal waar nie, iets het verander sedert jy gekom het, en jy weet dit.”
Sonder om weg te kyk van sy vraende gesig, “Net ʼn bietjie verbeterde konsentrasie en kommunikasie tussen die span, niks anders nie, ek sweer.”
“Ek gee nie om wat dit is nie, moet ons net nie nou ‘drop’ nie, asseblief.”
“Ek is hier tot aan die einde van die seisoen, ek gaan niks verander nie, ek wil hulle ook sien wen, en indien ek kan, sal hulle wen,” en hulle verstaan mekaar.

Die veranderde gemoedstemming is voelbaar wanneer sy uit die kantoor die saal instap, sy sien die oë, die kyk na haar, en sy weet sy moet oopmaak die bietjie wat sy kan waag om bekend te maak.
“Goed, uitgevang, dit was nie ʼn geluk skoot nie, ek het ʼn onregverdige voordeel en die skop was net aandag soek.”
Vir ʼn oomblik is daar stilte, en dan ontplof die saal, almal wil met haar praat en sy weet daar is nou ʼn verwagting geskep.
Sy sê dit met ʼn gemaakte erns, “Kyk ek gaan net nie Saterdag speel nie, dit moet julle weet, ek sal help met konsentrasie en so aan, maar ek speel nie.”
Daar is ʼn oorverdowende gelag en hande geklap en almal wens Grant geluk omdat hy nog in die span is, en hy vou sy hande in ʼn dankie gebaar voor sy bors saam.
Dana weet, sy sal hulle die onregverdige voordeel gee, die voordeel wat onbeheerde kommunikasie kan gee, dit wat hulle mekaar sal laat verstaan oor die lengte en breedte van die veld.
“Goed, vandag geen individuele sessies nie, ons gaan een gesamentlike sessie hou, so almal in ʼn kring, koppe na binne, op julle rûe op die matte, sodat julle hande mekaar raak en die kring aan mekaar geheg is.”
Dit neem ʼn paar minute om almal in die kring te kry, sy trap oor hulle en gaan sit in die middel van die kring, en neem die bomenslike in haar oor.
“Maak toe julle oë, en maak julle gedagtes leeg, soos wat ek elkeen geleer het.”
Hulle voel die erns en hulle doen wat sy vra.
Sonder woorde vloei haar konsentrasie uit na hulle, vul sy hulle gedagtes, koppel sy hulle gedagtes aan mekaar, en slaap twee-en-twintig rugbyspelers sorgeloos en rustig.
Dana wag ʼn paar minute, staan op, trap versigtig oor die mans en stap uit die kring uit.
“Los hulle vir een uur voor jy hulle wakker maak, sien julle more by die wedstryd.”
Ryk Schoombee staan verdwaas terwyl hy die perfekte klein mensie met haar tas die deur sien uitstap. Hy weet wanneer hy regte ‘genius’ sien, en hy weet hy het die grootste van hulle almal vandag in aksie gesien.

Wanneer Ryk die spelers een vir een wakker maak, is hulle absoluut ontspanne, voel hulle wonderlik en sê elkeen dit ook.
“Waar is die Professor,” vra Aiden die oomblik wanneer hy regop sit.
“Weg, ek glo hospitaal toe, ʼn uur gelede, hoekom vra jy Aiden?”
“Ek wou met haar gepraat het oor iets, maar sal dit later doen.”
Wanneer hy uitstap veg Aiden met homself, ‘moet hy hospitaal toe gaan en vir haar wag, of moet hy dit los tot môre,’ en hy besluit om te wag tot more na die wedstryd. Hy voel die terneergedruktheid in hom, en hy weet dit is oor haar.
Hy worstel nou al weke met hierdie gevoel in hom. Die gevoel wat hom vir al die ander vroue in sy lewe bederf, die gevoel dat hy by haar wil wees, haar wil aanraak, haar wil liefkoos, en hy ry blindelings na sy ouers se huis, vanaand wil hy net ʼn uur by sy ouers kuier voor hy terug na die eensaamheid van sy huis gaan.

Dana ry nie hospitaal toe nie, sy ry deur die oostelike voorstede na Glendale, na waar Denys is. Sy het in die gimnasium so verskriklik na hom verlang, sy het kontak met hom gevoel, en sy weet vanaand wil sy by hom en Professor Adrian Grundling deurbring. Vanaand het sy behoefte aan die nabyheid van hulle wat haar liefhet, en sy weet waarom sy so voel, en sy sien die blou oë voor haar.

Die laat middag winterson stap saam met haar die voordeur in wanneer sy deur die groot houtdeur van Glendale stap, hier waar hulle wat die kroon van intelligensie moes wees, weggesteek word.
Hy wag vir haar in die voorportaal wanneer sy instap, Denys, haar ewebeeld. Die een wat in alle opsigte haar identiese tweeling is, behalwe vir die geslag, en hy maak sy arms oop vir haar en sy stap in sy omarming in, en lê haar kop teen sy bors.
“Wat is dit, wat is verkeerd liefste van my?”
Jok weet sy sal nie help nie, hulle ken mekaar se gedagtes voor dit gesê word.
“Ek weet nie regtig nie, kan ons deur gaan na jou eenheid, ek wil vanaand by jou wees.”
Hulle stap stil langs mekaar, hande ineengestrengel, soos mense wat mekaar liefhet.
“Voor ons gesels, sit jy, ek bring die tee, ek het dit gemaak toe jy uit die motor geklim het,” en Dana glimlag sy weet dit is waar.
Met haar hande om die tee koppie, sit sy stil en staar na die knetterende vuur in die outydse vuurherd, en dit bring ʼn rustigheid in haar.
“Ek weet iets pla jou, ek voel dit, wat is dit?”
“Hoe weet ʼn mens as jy lief het Denys?”
Hy kyk haar lank, stil aan, “Ek weet nie regtig nie, ek weet net van my liefde vir jou, en hoe dit was toe ons klein was, en hoe dit nou is. Die gevoel dat ek wil weet wat jy dink, wat jy doen, die wete dat ek jou elke oomblik in my ligkring wil hê, jou nabyheid wil voel elke oomblik van die dag en nag, dit is my grens van liefde, ‘jy’.”
Sy vat sy hand, druk dit teen haar lippe, en die trane val op die bleek slanke hand, hierdie hand wat sy al so baie vasgehou het.
“Dan het ek lief Denys, en dit is pynlik.”
“Gryp dit aan.”
“Ek kan nie Denys, ons albei weet dit, ek en jy, ons soort, kan nie. In elk geval, hy is agt jaar jonger as ek, baie begaafde rugby speler en omring deur langbeen blondines wat beeldskoon is.”
“Ouderdom liefste, kan ons nooit raak nie, jy weet dit, ons soort liefde is tydloos. Dit kan hom wel pla, en oor die ‘begaafd’, daar is niemand so begaafd soos jy nie, en jy is beeldskoon, beeldskoon van binne en buite.”
“Dankie, ek weet jy sê dit omdat jy my liefhet, en my broer is, maar dankie, vanaand troos dit wel.”
Sy bly by hulle, hierdie twaalf weggesteekte mense, haar enigste familie in die wêreld, en wanneer sy gaan vra sy Adrian Grundling, “Hoe gaan dit met Denys?”
“Baie goed op die oomblik Dana, wanneer dit goed gaan met jou, gaan dit goed met Denys. Hy het maande gelede ʼn terugslag gehad, hy is sterk op die oomblik.”
Sy soen hom nag op die wang, hierdie ou man wat in soveel opsigte haar hoeder is.

Wanneer sy Saterdag deur die stadion hekke ry, is daar reeds duisende mense, en die nou bekende geluide is musiek in haar ore, die waardering van die ondersteuners is vir haar wonderlik, sy weet dit is vir hulle vir wie sy omgee, veral vir hom vir wie sy hierdie warmte in haar hart dra.
Haar oë soek sy gesig wanneer sy die gimnasium waar hulle opwarm instap, en sy voel die polsing in haar wanneer sy oë hare vind. Sy hoor sy gedagtes, ‘ek wil met jou praat’ en wanneer hy sy kop knik, weet sy hy weet sy het hom hoor, en sy sluit haar oë voor hierdie waarheid wat tussen hulle is.
Sy probeer sy oë vermy, maar sy kan nie wegkyk van daardie perfekte man nie, en totdat sy uitstap na haar sitplek, bly sy oë op haar, warm en naby.
Die wedstryd is soos sy geweet het dit sal wees, ongelooflike rugby, ongelooflike oorwinning, en wanneer die end fluitjie blaas, wil sy wegglip, weg wees voor hy haar kry, maar sy het nie met hom rekening gehou nie, en wanneer sy haar tas vat, vat sy hand haar hand vas, en die skok daarvan is in albei.
“Nee, nie so gou nie, ek het jou gesê ek wil met jou praat, en ek weet jy het gehoor.”
Sy kyk in sy oë, voel die warmte van sy hand, “Goed, wat is dit wat jy wil sê.”
“Gaan saam met my na die funksie vanaand,” en wanneer hy die weiering in haar oë sien, smeek hy, “Asseblief, moenie nee sê nie.”
“Aiden, dit kan nie werk nie, ek is nie jou soort vrou nie,” en die pyn is in haar oë.
“Wat is my soort vrou,” en sy oë pen hare vas.
“Lank, lenig, blond, beeldskoon, en jou ouderdom,” en hy sien iets in haar oë, en dit vat aan hom.
“Miskien, maar gee my ʼn kans om jou te leer ken, die soort vrou wat in die afgelope weke my van smaak laat verander het,” en die smeking is daar.
“Jy weet nie wat jy doen nie Aiden, dit kan nie werk nie.”
“Ek vra nie om te trou nie, nog nie, ek vra net gee my ʼn kans, asseblief.”
“Ek is nie baie sosiaal nie,” en die verlorenheid is op haar gesig.
“Ek gee nie om nie, ek wil jou net by my hê, wil hê jy moet my leer ken, wie ek is weg van die rugbyveld af, asseblief.”
Teen haar beterwete, maar omdat sy so ʼn verskriklike behoefte aan sy nabyheid het, sê sy ja, en sy verligting is in die vat van sy hand aan hare.
“Dankie, baie dankie, ek laai jou sewe-uur op by jou huis.”
“Weet jy waar ek woon?”
“Natuurlik Professor Dana Delft,” en hy vat haar hand een oomblik, druk dit sag, en hardloop terug na die span wat wag om hul danksegging aan God te bring.
Die gevoel van afwagting bly binne haar, deur die ry na haar huis, deur die bad, die aantrek en regmaak, en wat sy voel weet sy, ken sy nie, maar dit vul haar met opwinding.
Dit is tien voor sewe wanneer hy voor haar deur staan, sy pragtige kop omkring met die geel skynsel van die stoep lig, en in Dana is daar ʼn verwondering oor die beeld wat in haar vasbrand.
Aiden kan net kyk, hy het haar nog nooit in ʼn rok gesien nie, net altyd die broekpak of sweetpak vir die sessies, en nou staan sy hier, geklee in ʼn noupassende pragstuk met ʼn kragie wat die slankheid van haar nek beklemtoon, en hy is sprakeloos.
“Jy is pragtig, jy is ongelooflik pragtig, weet jy dit.”
Sy onverbloemde bewondering en eerlikheid vang haar onkant, en staan twee mense in verwondering voor mekaar, met emosies wat deur weke gegroei het.
Sy vat haar jas van die kapstok af, en sy voel sy hand onder haar elmboog wanneer hy haar die trappe afhelp. Hy help haar met sorg die motor in, en wanneer hy om die motor loop weet hy hierdie is ʼn eerste vir hom, so het hy nog nooit gevoel nie, en weet hy, gaan hy ook nooit weer voel oor iemand anders nie.
Hulle ry vir ʼn paar blokke in stilte voor Dana haar balans herwin, en sy weet indien sy deur hierdie aand wil kom, sy nou kop moet hou, nugter moet dink en optree.
“Dit was ʼn pragtige wedstryd vandag, julle, jy, het wonderlik gespeel.”
“Dankie, dankie aan jou ook met die ‘kommunikasie’, dit werk weet jy, ons het amper geen foute begaan nie, en dit is die kommunikasie.”
Sy glimlag in die donker en hy sien dit.
“Wat is dit, waaraan dink jy?”
“Niks besonders nie, sommer net oor die afgelope weke, die verandering wat dit in my lewe gebring het.”
Hy vat haar hand op haar skoot vas, “En in myne,” en hulle verstaan mekaar.
Daar is verbasing wanneer hulle die helder verligte saal instap, maar hy vat haar hand beslis vas, en trek haar tot teen aan hom terwyl hulle onder honderde oë instap.
Skielik is dinge reg, is die span daar met hulle gades en vriendinne, en weet sy, sy is welkom, baie welkom.
Hy hou haar by hom, trek haar aan haar hand saam van groep, tot groep, totdat hulle uiteindelik by hul sitplekke uitkom. Hy trek haar stoel tot teen syne, en dit sê meer as woorde, en almal weet, Aiden Young is verlief.

Die res van die funksie is soos ʼn droom, die ete, die toekennings, die gesels en die gevoel, en sy leef dit deur want dit hou haar naby hom.
Die terugry na haar huis is in stilte, met haar hand in syne, en sy het vrede, ‘Net vanaand, net dit, more sal sy weer haarself regruk, weer net Dana Delft wees’.
Voor haar deur vat hy haar gesig sag tussen sy hande, en wanneer hy in haar oë kyk, sê hy sag, “Ek gaan jou nie vra om my in te nooi nie, want as ek vanaand deur hierdie deur stap, gaan ek nie weer vanaand hier uitkom nie, daarvoor is ek nie sterk genoeg nie, en ek wil hê jy my eers moet leer ken, leer vertrou, ek wil niks verkeerd doen wat jou van my sal verdryf nie.”
Sy weet dit is reg, alhoewel sy nog nooit ʼn intieme verhouding met enige iemand gehad het nie, is sy intelligent genoeg om te weet wat in haar gemoed, en in haar liggaam aangaan.

Wanneer sy lippe hare raak, weet albei hierdie gevoel binne hulle, gaan nie weer weggaan nie.
Hy skeur hom los van hierdie mens, hy kan homself nie vertrou nie, kan sy liggaam nie vertrou nie, en hy val-strompel die trappe af tot teen sy motor. Met sy rug teen die motor kyk hy na haar in die lig van die stoep, en hy weet, hy het sy maat gevind.
“Nag, en indien jy kan, droom van my, want ek sal van jou droom.”
Dan is hy weg, en volg sy die liggies van sy motor teen die berg af tot daar waar dit verdwyn.
Daar is vir haar geen vrede nie, sy brand van die gevoel in haar, sy voel sy lippe teen hare, en vroeg in die oggend oorval ʼn moeë slaap haar.
Sy slaap tot die foon langs die bed lui, sy weet dit is die hospitaal, en sy ruk haarself reg en sy staan op, en sy is Professor Dana Delft.
Hy is daar wanneer sy half vyf uit die teater stap, kop in die hande, en wanneer hy haar sien, staan hy op, loop reguit na haar en neem haar in sy arms, en sy lippe teen haar wang verdryf die leegheid in haar.
“Dit help nie, ek kan nie so aangaan nie, vandag was hel en laasnag nog erger. Ek kan nie eet nie, en ek kan nie slaap nie, ek wil nie meer weg van jou wees nie, laat my in jou huis en in jou hart in asseblief,” smeek hy.
Sy hou hom vir een enkele minuut teen haar, “Wag vir my, laat ek net my pasiënt gaan sien, net seker maak alles is reg met hom, dan gaan ons huis toe en gaan pluis ons hierdie ding uit.”
Hy hou haar vir een oomblik tee, en laat haar gaan, en hy voel die leegheid in hom vergroot met elke tree wat sy weg beweeg.
Hulle ry agter mekaar aan na haar huis, en loop in stilte op na haar voordeur. Sy gee hom die sleutel en hy sluit haar deur oop, en hy vat haar aan die hand en trek haar saggies die huis binne.
Hulle staan bewend teen mekaar, en hy hou haar teen hom vas tot sy liggaam tot rus kom. Hy buk vooroor en soen haar met ʼn passie wat steeds voller en voller word, en albei weet hierdie is die punt van geen terugkeer nie. Sy voel ʼn vrees en ʼn afwagting in haar, en hy voel ʼn begeerte in hom wat nog nooit daar was nie.
Hy tel haar in sy arms, sodat sy in sy oë kan kyk, “Dana, ek is soos ʼn drenkeling, ek weet nie wat om te doen nie, ek weet nie waarvoor jy kans sien nie, enige iets is reg vir my, moet my asseblief net nie weg stuur nie.”

Sy weet sy sien vir enige iets kans, net nie om weg van hom te wees nie. Die gevoel binne haar neem besit van haar, en sy druk haar bewende liggaam teen syne, die begeerte na hom is soos ʼn wonderlike warmte wat stadig haar hele liggaam deurtrek.
Vir hulle is daar geen herinnering van hoe hulle in die kamer gekom het nie, hoe hulle uit hulle klere gekom het nie, daar is net die herinnering van die klimaks wat hulle keer op keer saam beleef, sy manlikheid in haar, en haar sagte vroulikheid wat polsend om hom vou.
Hulle slaap tot die wekker hulle wakker maak, Dana weet ‘ Professor Dana Delft’ was nog nooit in haar hele lewe so onwillig om uit die bed op te staan soos vandag nie, en hy trek haar terug teen sy sterk manlikheid, en sy is tevrede, tevrede vir die eerste keer in haar lewe.
Hulle dae kry ʼn patroon wat net hulle van weet, hulle liggame vind ekstase en hul gemoedere vind vrede.
Hy deel haar met niemand nie, en sy laat dit haar welgeval, ‘net vir nou’, troos sy haarself, en weier om verder te dink as net vandag.
Denys voel dit aan, en wanneer sy hom gaan sien na twee weke, gee hy sy goedkeuring, maak hy haar stil wanneer sy haar vrees teenoor hom uitspreek, “Wat kan tog gebeur, niks, hy gaan nooit weet nie, bly jy net stil en geniet elke oomblik daarvan, vir ewig.”
Sy hou haar geheim want sy het hom lief en kan nie vir een dag sonder hom wees nie, en sy oortuig haarself, ‘Dana jy is in jou dertigs, jy leef jou hele lewe lank met hierdie geheim, en niks het nog ooit verkeerd geloop nie – waarom sal dit nou, nou dat jy gelukkig is’.
Vir die span en die hospitaal personeel is dit geen geheim nie, hier is twee mense wat lief het, geweldig liefhet en dit gun hulle, hulle.
Hy word gekies vir die Springbok toer na Engeland, en skielik weet hulle die skeiding is daar. Hy smeek haar, “Kom saam”, maar sy beloof niks, sy kan nie.
Dit is twee weke voor hulle vertrek wanneer sy siekerig voel, en terwyl sy gedink het dit is iets wat sy geëet het, ruk die dokter se diagnose haar tot nugterheid.
“Baie geluk Professor, jy is ongeveer ses weke swanger.”
Dit bring die dood in haar, ‘Here wat het ek aangevang,’ maal dit deur haar kop.
Sy vlug na die veiligheid van Glenvale, “Adrian, wat nou, wat sal ek doen?”
“Wat wil jy doen, wil jy die baba behou, of wil jy aborteer?”
“Aborteer nooit nie, nie ʼn kindjie wat deur Aiden verwek is nie, nooit nie. Wat ek in my dra is liefde, meer liefde as wat die wêreld kan hou.”
“Jy sal hom moet vertel, en kyk hoe hy reageer.”
“Nee, ek kan dit nooit doen nie, nie nou nie, sy loopbaan is te belangrik, dit sal sy lewe ruïneer.”
“Dan moet jy weg, so gou as moontlik voor hy besef jy is swanger.”
“Hoe lank presies voor ek sal weet of my kind normaal sal kan leef.”
“Vyf jaar, wanneer die kindjie vyf is sal jy verseker weet.”
“Dan is dit, vyf jaar.”
“Wat van Aiden?”
“Indien hy iemand anders in vyf jaar lief kry, is dit ook dit, ek gun hom al die geluk wat die wêreld hom kan bied. Indien hy nie iemand anders vind nie, sal ek terugkom en kyk of ek dit kan terug kry wat ek die meeste in die lewe begeer, sy liefde.”
“Jy moet Sweyzee toe gaan, dit is net buite Parys in Frankryk. Ek ken Professor Francois Delaruie en hy sal jou deur die bevalling en die vyf jaar se monitering kry.”
“Reël dit asseblief Adrian, ek sal gaan sodra Aiden oor twee weke weg is Engeland toe.”

Die twee weke voor hy vertrek is die gelukkigste, ongelukkigste dae in haar lewe en sy besef dit is swaarder dae as die tyd voordat Denys gesertifiseer was, en sy weet niks kan meer pynlik wees as die verloor van iemand wat jy bo alles liefhet nie.
Sy gesels elke dag op die foon met hom, sy skryf die brief aan hom tientalle kere oor, en die dag wanneer hy terugvlieg, haal sy in die buitewyke van Parys haar SIM kaart uit haar foon, sluit sy dit weg in haar juwele kissie, en begin sy die lang wag na die geboorte van hulle kindjie.

Aiden kom huis toe, vol lewe en geluk, en voel hoe hy sterf wanneer hy die brief lees, vir hom is dit onverstaanbaar, hy jaag van punt tot punt, maar sy is weg en niemand weet waarheen of waarom nie.
Hy soek haar naam op die internet, en daar is meer as vyfduisend verwysings na haar, hy lees hulle, besef sy is een van die ‘elite’ van die mediese wêreld. Voel die verwondering by die wete dat sy tussen die honderd slimste mense wat in hierdie eeu geleef het gereken word, en na die aanvanklike ineenstort en wanhoop, besef hy, sy het hom gekies, hom gevra om vir haar te wag, en tel hy homself op uit die as, trek homself terug na die lewe en sy loopbaan.
‘Vyf jaar het sy in die brief gevra’, en die woorde, ‘indien jy kan wag vir my, maar as jy nie kan nie, is dit reg, ek sal verstaan”, en hy begin die tyd afstap na haar vyf jaar, hy weet, niks wat sy vra, sal ooit te veel wees nie.

Sy werk in die hospitaal, opereer, en verwonder die personeel en die pasiënte met haar onbeskryflike intelligensie, vernuf, vaardigheid en menslikheid, en hulle raak verlief op haar, en dit wat sy is, en hulle begin die pad saam met haar loop na die koms van die kindjie wat ʼn wonderwerk gaan wees.

Dit is ʼn stil en pragtige dag in Mei wanneer Dana die klank van haar kindjie se stem hoor, en waar sy bewend van die skok van die geboorte lê, is haar hart te klein vir die vreugde, “Normaal, al die tone en vingers wat nodig is,” skerts professor Francois Delaruie, maar hy weet, dit is nie die tone en vingers waaroor hulle bekommerd is nie, dit is die intelligensie van hierdie volmaakte klein mannetjie, nie dat dit te min sal wees nie, maar dat dit te veel sal wees, en hy weet die wag vir die antwoorde sal lank en pynlik wees.
Terwyl Aiden sy loopbaan voortsit en die uitblinker en gesogte speler word, werk Dana twaalf ure elke dag, waak sy en die mediese personeel in die kliniek oor haar seun, vier-en-twintig uur elke dag, teken hulle elke ding wat ‘hulle’ seun doen aan, word die kleine Aiden onder ʼn vergrootglas groot.
Dana praat elke dag met Denys en Professor Adrian, en terwyl sy hulle elke detail van klein Aiden meedeel, gee hulle haar al die inligting van Aiden, elke detail, en sy weet hy wag vir haar, want daar is niemand aan sy, sy nie. Hy bly die gesogte metgesel wat niemand ooit vergesel nie.

Met elke dag wat verbygaan, voel Dana die verlange in haar groei, is die verlange na Aiden iets wat sy nooit besef het sy sal kan voel nie. Haar verlange na hom dwing haar op haar knieë voor haar God, en sy smeek dat Hy hulle albei vir mekaar sal bewaar. Sy weet sy het gesê, ‘indien hy nie vir haar sal wag nie, sal dit reg wees,’ maar sy weet, dit is ʼn leuen, sy sal met tyd doodgaan sonder sy liefde.
Soos die maande aanstap moet sy haarself elke oomblik weer oortuig die vyf jaar se skeiding is vir Aiden se onthalwe, en sy hou daaraan vas.
Saam met haar ongelooflike verlange deur die jare, gaan klein Aiden se verjaarsdae een vir een verby, en word hy die besondere kindjie wat almal geweet het hy sal word, weet almal hy is geniaal, en hulle bid dat hy nie ‘te’ geniaal sal word nie.
Dana en die mediese span hou hom weg van al die aktiwiteite wat hom kan skaad, hou hom weg van syfers, leer hom gou te veel konsentrasie op syfers is nadelig vir hom, en moet hulle waak daarteen, want hy toon soos Denys ʼn onblusbare gawe om syfers in alle vorms te verwerk, en dit weet Dana is soos die doodstraf van self, maar weet sy ook, sy het daardie begeerte oorwin, en weet sy hoe dit gedoen kan word.
Klein Aiden leer in sy eerste vyf jaar sewe tale aan, ontwikkel die intelligensie vlak van ʼn agtien jarige, en Dana en die mediese personeel spandeer ure buite met hom, leer hom tennis speel, leer hom rugby speel, krieket, enige iets, solank dit sy verstand die nodige rus gee.
Sy het in haar eerste jaar na klein Aiden se geboorte, bekend geraak met die Franse rugby unie en die afrigter van die nasionale span, Martel De Gaulle vier jaar gelede toe een van die spelers van die Toulouse klub met ʼn gebreekte nek in haar hospitaal opgeneem is, en sy hom geopereer het, en hy amper letselloos ʼn seisoen later weer op die veld verskyn het.
Dit was ʼn vriendskap wat haar ʼn geleentheid gegee het om die liefde wat sy vir die sport gevoel het lewendig te hou, ook ʼn geleentheid om seker te maak dat sy die chirurg was wat enige ernstige besering behandel het.
Hierdie verbintenis het haar geliefd gemaak onder die rugby spelers en rugby publiek, en het sy weekliks een-of-ander wedstryd bygewoon, en so ʼn teenwoordigheid opgebou wat haar baie na aan die rugby publiek en bestuur se harte gehou het.
Die aankondiging, die Springbokke toer Frankryk in Julie die volgende jaar, en sy besluit om met klein Aiden in Frankryk te bly tot na die toer. Klein Aiden sal amper vyf en ʼn halfjaar oud wees, en sal sy seker wees, en kan sy terug Suid Afrika toe om te kyk of sy en Aiden nog ʼn kans op geluk staan.
Sy leer klein Aiden die Springbokke se name, leer hom alles van hulle, maak hom hulle lief kry, en maak hulle sy span. Die dag wanneer die kaartjies vir die wedstryde beskikbaar is, stuur Martel vir haar twee kaartjies vir elke wedstryd, sowel as ʼn parkeer pas binne die stadion by die hoofingang, en maak sy en haar seun reg om die toer te volg deur die land.
Klein Aiden se toetse is meer, en meer, belowend, “Indien jy hom kan weghou van syfers, van te veel dink en konsentreer, sal julle wen Dana, gaan jou seun soos jy wees, en nie soos Denys nie, dit waarborg ek jou,” en die trane van dankbaarheid loop oor haar wange wanneer sy Francois Delaruie om die nek val.

Wanneer die Springbokke in Parys aankom, vat Dana tien weke verlof, en begin sy en haar seun, hulle ‘volg’, van die ‘Bokke’.
Dana sien hom tussen die ander spelers, en sy weet, sy het hom so ongelooflik lief, en sy wil huil van die hartseer in haar, maar net die wete dat hy hier naby haar is, is ook genoeg.
Sy herken agt van die bulle wat sy vyf jaar gelede gehelp het, en weet sy haar werk met hulle het nie verlore gegaan nie. Sy vind ʼn verbintenis deur haar ekstra-sensoriese persepsie, hoor hulle kommunikeer, en sy juig daaroor.
Al waarna Dana kyk, wedstryd, vir wedstryd, is Aiden. Al wie sy haar seun uitwys is Aiden, en die kleine Aiden met sy superieure intelligensie, weet daardie groot man is iemand in hulle lewe, maar laat die tekort aan emosionele lewens ervaring die geheim verskans bly.
Die ‘Bokke’ is onoorwonne, en sy en haar seun met die groen truie wat Denys en Adrian gestuur het, sit tussen die ‘Bok’ aanhangers, en is soos uitgelate kinders, soos mense wat deur die ‘skare sindroom’ oorgeneem is. Hulle skree, klap hande, fluit en word doodeenvoudig net een met die vreugde, en klein Aiden floreer, en Dana weet, hierdie is die plek waar haar kind moet wees, hier buite, en nie ingehok in ʼn laboratorium nie. Hy moet buite wees waar sy pa soveel tyd spandeer, en sy weet daar is ʼn oplossing, en sy bid dat Aiden vir haar wag.

Sy stry met haarself, weet nie of sy haar voorneme gestand kan hou om eers te wag tot Aiden terug in Suid Afrika is voordat sy hom kontak nie. Die sien van hom twee-keer per week eet haar op, bring die ou smagting na hom polsend in haar.
Die besluit word uit haar hande geneem waar sy tussen die geskokte skare sit, weet sy die senter van die ‘Hane’ wat op die gras lê, het sy nek gebreek.
Sien sy hoe Aiden wat eerste by hom is, die ander aanstormende ‘Bokke’ wegstamp van hom af, en beskermend oor hom gaan staan.
Weet sy, sy sal binne enkele oomblikke ʼn oproep ontvang, weet sy hulle sal hom nie beweeg voor sy daar is nie, en vat sy haar rugsak en haar seun se hand, en begin sy die trappe afstap na die ingang.
Sy sien hoe die twee spanne se spelers wegstaan van die toneel af, hoe hulle geskok bly staar na die speler op die grond en in twee kringe gaan staan, hoe die mediese personeel hardloop, kniel en sprakeloos opkyk.
Wanneer die foon lui, is hy reeds in haar hand en antwoord sy dadelik.
“Is jy hier Dana, Here ek hoop so,” Hoor sy Martel se stem.
“Ek is hier Martel, stuur iemand om my en klein Aiden hier by die noordelike pawiljoen te kom haal.”
Sy sien Martel met een van die mediese personeel praat, en in hulle rigting beduie, hy begin in hulle rigting hardloop. Die sekuriteit beampte by die hek eien haar en klein Aiden onmiddellik en hy sluit die staalhekke oop en help haar en klein Aiden die veld op.
Sy gee die mediese beampte haar motor sleutels, en gee hom haar parkeer plek se pas. Sy sien hom en die sekuriteit beampte hardloop na haar motor om haar mediese tasse te gaan haal. Sy het oor die afgelope vyf jaar instrumente ontwikkel wat sy gebruik om die pasiënt in traksie te sit voordat hulle hom of haar beweeg, en sy weet baie van die sukses wat sy het, is juis in hierdie voor-behandeling wat sy doen, geleë.
Sy gee hulle rugsak vir klein Aiden en laat hom naby haar, net buite die kring van mediese beamptes staan, sy weet hy verstaan, hierdie is nie die eerste keer wat hy by is wanneer sy ʼn speler op die veld behandel nie.
Haar ondersoek is ongelooflik vinnig en deeglik, en sy vermoed die breek, is by die derde servikale werwel is. Die volgende oomblik is die mediese beampte en die sekuriteit beampte met haar tasse daar, en knip hulle die tasse oop en begin sy met haar werk.
Dit is wanneer Aiden regop kom nadat die span die speler aan die Here opgedra het, dat hy die klein seuntjie anderkant die groep hurkende mense sien, so effens verlore, en skielik is daar iets ongelooflik bekend aan die outjie.
Hy maak hom los uit die omarming en stap reguit na die seuntjie. Hy hurk voor die seuntjie, en vra in Engels “Hallo, verstaan jy Engels?”
Klein Aiden kyk hierdie groot man met verwondering aan, hy weet wie hy is, hy weet dit is die een is vir wie hulle kom kyk, en hy voel ʼn toegeneentheid in hom.
“Ja, of Afrikaans, of Spaans, of Duits maak nie saak nie,” en Aiden is een oomblik onverhoeds betrap.
“Goed, wat is jou naam?”
“Aiden Delft, en ek weet jou naam is Aiden.”
Dit is soos ʼn bak koue water wat in Aiden se gesig gegooi word, hy is so oorstelp dat hy plat op die grond voor die seuntjie gaan sit, en dit vat hom ʼn baie lang oomblik om te verwerk wat hy so pas gehoor het.

Hy staan op en vra sag, “Kan ek jou optel en vashou Aiden Delft?”
Klein Aiden Delft steek sy hande uit na hierdie groot man, en wanneer hy op sy arm sit, sit hy sy armpies om Aiden se nek.
Aiden hoor die skare se luide applous, hy besef dit is vir hom, die feit dat hy hom oor hierdie klein seuntjie ontferm het, en sy oë skiet vol trane en sy gemoed loop oor.
‘Hierdie is my kind’ flits dit deur sy gedagtes, ‘hierdie is my seun, met my naam en haar van’, en dit neem van hom besit, soos met haar liefde amper ses jaar gelede, en skielik weet hy wat die vyf jaar se verwydering was, maar hoekom weet hy nie, en kan hy vir geen oomblik dink wanneer hy na hierdie perfekte kind kyk nie.
Hy draai om en kyk na die knielende swart kop voor hom op die gras, sien die baie meer grys tussen die swart glimmende hare, en hy hoop sy het wel vir hom gewag vir die vyf jaar, soos hy vir haar. Hy weet, ongeag, hy is tuis, hy het gevind wat hy soveel jare na soek, sy geliefde, sy lewe.
Dit is lank voor die opkyk en wegvee van haar kuif uit haar oë, dat sy weet hy is daar, weet hulle seun sit op sy arm, is dit nie haar gawe nie. Sy lees sy gedagtes, en sy weet die waarheid is naby.
Ongeag wat die afgelope vyf jaar gebeur het, is die vreugde van die weersiens daar, en hulle albei weet, dit wat hulle ses jaar gelede soos magnete aangetrek het, is nog daar, maar daar is vyf jaar se vrae en antwoorde tussen hulle.
Die vraag is in sy oë, ‘Hierdie is my seun?’ en die eerlike antwoord in hare, ‘Joune en myne’, en die vreugde wil hom versmoor.
Wanneer sy haar hande uitsteek om klein Aiden te vat, sê hy dit sag maar beslis, “Ons moet praat, moet asseblief nie weer verdwyn nie.”
“Ek sal nie weg gaan nie, ek sal by die hospitaal wees, vra vir Martel om jou saam te bring na die funksie, dit gaan ʼn lang operasie wees.”
Klein Aiden druk hom een oomblik, en sê ernstig, “Druk vir my ʼn drie.”
Hy druk sy kind teen hom, “Ek sal, ek sal verseker vandag vir jou ʼn drie druk klein Aiden.”
Hy tel klein Aiden in die ambulans in, en sy gee haar motor sleutels vir Martel met ʼn, “Laat iemand dit asseblief hospitaal toe bring vir my,” en sy vat een oomblik aan Aiden se hand, en hy hou dit vas, onwillig om haar te laat gaan, maar hy laat haar gaan, en spring sy haastig in die ambulans sodat die deur kan toe.

Daar is luide handgeklap en die verligting is in die skare, hulle ken Professor Dana Delft en weet die beste behandeling wat gegee kan word, sal gegee word.
Aiden kry sy span bymekaar, en vir een oomblik kring hulle weer, en wanneer hy in hulle oë kyk, sien hy die vrae, maar dit bly ongesê.
“Kom manne, kom ons kry die voorval uit ons gedagtes, hy is in die beste hande moontlik, kom ons wen hierdie wedstryd,” en dit is met ʼn nuwe vasberadenheid dat Aiden agter die skrum sak, hy het sy seun ʼn drie belowe, en hy gaan sy woord gestand hou.

Dit is in die vroeë oggendure wanneer Dana uit die teater stap, tevrede, sy weet Jean-Louis is buite gevaar, is reeds op pad na herstel, en sal in veilige en bekwame hande verder wees.
Vir ʼn oomblik dink sy aan klein Aiden, maar sy weet hy is veilig en versorg, hierdie is soos ʼn tweede huis, hier het hy menige nag omgeslaap wanneer sy ernstige operasies moes doen, en sy weet sy moet eers na die intensiewe saal om seker te maak alles is reg met Jean-Louis voordat sy die spelers en Martel gaan sien.

Sy stap met die teater drag na die hoë-sorg eenheid, en vind die hoë sorg verpleegspersoneel het Jean-Louis reeds gemaklik gemaak, en sien die narkotiseur, Andre Brazilea is steeds by die pasiënt om ʼn finale analise van Jean-Louis se lewenstekens te maak voordat hulle hom oorgee aan die saal personeel.
Sy maak vinnig seker die voorskrif vir die volgende vier-en-twintig uur is korrek, en stap saam met Andre in stilte na die ontvangs area.

Hulle is almal daar, Martel, die bestuur van beide spanne en al die spelers, ‘Hane’ en ‘Bokke’, en sy sien die ongelooflike spanning op hulle gesigte, die saam voel en saamstaan in hierdie ramp. Sy sien Jean-Louis se ouers en sy stap reguit na hulle toe, hulle verdien om gerus gestel te word, hulle is die belangrikste hier. Daar kom ʼn oombliklike stilte oor almal wanneer hulle haar en Andre gewaar.
Haar oë soek en vind hom, en hy haar, en haar vermoeienis verdwyn, en sy voel daardie vyf jaar gelede se ekstase wat daardie blou oë in haar bring, en hy sien die blydskap op haar gesig en hy weet sy gesig wys dit ook.
Sy lig hulle in oor die besering, in Frans en in Engels, vir die Suid Afrikaners, sien die kommer oor die sukses van die operasie, “Hy kan reeds sy vingers en tone beweeg, en met die regte rehabilitasie sal hy geen letsel van die besering oorhou nie”.
Die vreugde, die applous en die dankbaarheid is haar betaling, dit is haar doel in die lewe, hopelik haar tweede doel in die lewe, as sy kan terug kry wat sy gehad het.
Sy gee toestemming dat sy ouers ʼn paar minute by hom kan vertoef, “Geen praat, geen aanraking,” en hulle stem huilend in deur hulle koppe te knik.

Met die ontmoet van hul oë voor die omdraai, wink sy hom saam, en maak hy verskoning. Hy stap stil langs haar, hulle weet, woorde is eers onnodig, dit sal kom, nou eers net ʼn aanvoeling opbou, die kloof van vyf jaar probeer oorbrug.
Hy bly staan voor die teater terwyl sy die teater drag uittrek en haar jas aantrek, haar motor sleutels vat wat Martel gebring het, en alles is soos hy haar onthou, asof daar geen tyd verby gegaan het nie, en hy vat haar tas soos daar amper ses jaar gelede en dit is reg, en hy stap langs haar en dit is ook reg.
Hy vra, “Waar is die seun?”
“Ons seun,” korrigeer sy hom sag, terwyl sy op kyk, en in die soek van sy hand na hare, lê die versekering en aanvaarding.
Hy is nie kwaad oor die verwydering nie, dit was in die brief van lank gelede, ‘Ek het jou so lief dat wat ek doen, die verwydering, net alles vir ons liefde is. Moet asseblief nooit kwaad wees nie, vertrou my,’ en hy het haar vir amper ses jaar vertrou, en hy vertrou haar nou.
“Hy slaap in die kindersaal, ons sal hom nou gaan haal.”
Wanneer Aiden neerkyk op sy kind, val die trane op die laken, ‘Here, hy is so pragtig, so perfek,’ en sy vat sy groot kop en druk dit vir een oomblik teen haar aan.
Hy draai sy seun toe in die kombers wat sy aangee, tel sy seun op, en hou hom teen sy bors vas. Hulle stap saam soos sy gedink het dit eendag kan wees, maar sy weet daardie eendag, kan eers kom wanneer Aiden verstaan, en aanvaar wat in hulle lewens en toekoms lê.
Hy sit agter in die motor, hou sy seun teen hom vas, en sy oë is in die truspieëltjie vir haar om te sien, en sy voel die rus terugkom in haar lewe.
Aiden sien die prag van haar huis, sien die persoonlike items in haar huis, en wanneer hy sy seun in sy bed sit, gaan sit hy op die grond voor die bed, en sy druk sy pragtige sterk kop teen haar vas.

Hy sien haar vermoeienis, die tekens van ongelooflike uitputting, en hy weet, sy moet nou gaan rus, more sal hulle praat, more is naby genoeg, want sy lewe het vandag weer begin, en vyf of ses-ure verder sal geen verskil maak nie.
Hy tel haar op, en op haar aanwysing dra hy haar na haar kamer, sy protesteer nie, sy het nie die krag of die wil om te protesteer nie, hierdie gevoel van welsaligheid in haar is groter as die vermoeienis, groter as enige iets anders op die oomblik.
Hy haal haar nagklere uit, help haar aantrek soos lank gelede, vou haar slapende liggaam toe in die komberse, soen haar lank en innig en sit die lig af.
Hy stap deur na sy seun se kamer, gaan lê op die oop bed langs sy seun, en verval in ʼn heerlike slaap, hy is tuis, en die leegheid in hom is weg.

Hulle wag vir haar in die kombuis, koffie gemaak, ‘croissante kaas en konfyt’, soos ‘Sy Mamma’ daarvan hou, en sy sien die liefde in die optel van hulle seun.
Sy staan een oomblik voor sy ingaan, sy wil net eers die wonder van hierdie oomblik beleef en wegbêre in haar geheue voordat hulle haar sien.
Aiden voel haar teenwoordigheid en hy kyk na hierdie twee mense en voel die vreugde in hom, hy onthou die warm lyfie wat teen hom onder die kombers ingekruip het, die armpies om sy nek, die sagte asempie teen sy bors, en hy dank die Here daarvoor.
Die ‘geselsie’ met sy seun, die luister na hierdie ongelooflike kindjie, en hy weet, as Dana een van die honderd slimste mense in die eeu is, is hierdie outjie definitief ook in daardie kategorie, en hy glimlag, hy weet, ‘as jy minder slim is my seun, het jy dit van jou pa geërf,’ en hy besef nie hoe belangrik hierdie erfenis is nie.
Wanneer hy opkyk na haar, is die wete in hom, ‘Sy is so pragtig, beeldskoon, en hy sien die liefde in haar oë, en hy hoor daardie pragtige stem, “More, julle lyk besig,” en hy voel die passie in hom na hierdie mens.
Klein Aiden spring van die stoel af tot binne in haar arms, “Kyk Mamma, ek het hom in my kamer in die langsaan bed gekry, hy het vir ons kom kuier,” en hulle lag, ʼn sorgelose lag, ʼn lag van een wees.
Hulle sit by die ontbyt tafel met klein Aiden op sy skoot, in stilte, met oë wat alles van mekaar indrink, en hy vat aan haar hand, en aan haar wang, en hy voel ʼn ongelooflike vreugde.
Sy sê sag terwyl sy klein Aiden se handjies vat, “Aiden hierdie is jou pappa,” en die seuntjie is buite homself van vreugde. Hy spring regop op Aiden se skoot, en soen hom en hou hom vas.
“My pappa,” gil hy dit uit, en Aiden se hart bars van vreugde en dankbaarheid.

Die geleentheid vir hulle om te gesels, kom nie gou nie, hy moet rugby met sy seun speel, en die buurt se kinders is daar, kom voeg die ma’s en pa’s hulle by die groep in die park voor die huise, en word dit ʼn middag van mense leer ken, sy seun leer ken, en sy wat hy lief het te bewonder.
Die vroue bring tee en eetgoed uit vir middag ete en teetyd, en die ure stap uit, en hy weet hy moet terug span toe, en sy weet.
Wanneer klein Aiden gebad is en bed toe gaan, kom die geleentheid, nie vir detail nie, net vir ‘dit gaan om ons kind se gesondheid, sy geestelike gesondheid’.
Hoor hy vir die eerste keer die terme gekoppel aan hulle wat bonatuurlik intelligent is. Bonatuurlike Vaardighede, Wonderkind, persone wie se talent vlak hom of haar kwalifiseer as iemand met eksepsionele talent, talente wat hom of haar fenomenaal maak, geniaal maak.
Hoor hy ook die hartseer van Kognitiewe Afwyking, hoor hy in minder as een persent van die gevalle iemand ʼn wonderkind kan wees in die afwesigheid van Kognitiewe Afwykings.
Hoor hy hierdie unieke mense beskik oor ongelooflike fotografiese geheue, en hulle herroep van enig-iets so detail is soos kan kom, ongeag hoe lank terug dit was.
Verstaan hy hulle is ongelooflik raar, bevestig sy daar is minder as honderd gevalle in meer as ʼn eeu geïdentifiseer in die wêreld.
Sy sê dit met trane in haar oë, “Dit is wat ons moes vasstel by klein Aiden, of daar enige Kognitiewe Afwyking is, of nie.”
Hy druk haar teen hom vas, probeer dra waaraan sy vir meer as vyf jaar alleen gedra het, “Hoekom my nie net gesê nie, ek sou by jou gestaan het, jou nooit laat gaan, het nie, ek het jou so ongelooflik lief.”
Sy vat sy hand, “Ek weet, maar jy weet nie wat dit is nie Aiden, ek wou jou dit spaar, wou jou ʼn lewe gee, nie my lewe nie.”
“Ek gee nie om nie, ek sal dit vat soos dit is, maak nie saak nie, hy is my seun, ons seun,” en met trane wat uit sy siel vloei, “Ek het jou so ongelooflik lief, niks kan dit ooit verander nie.”
Hy bly lank stil, “Wanneer sal ons weet?”
“Ons glo hy het geen Kognitiewe afwykings nie, maar hy is definitief ʼn wonderkind, en ons sal alles in ons vermoë moet doen om hom ʼn ‘normale’ kind te hou.”
“En jy?” en hy sien dit in haar oë, en hy hou haar styf vas, en hulle trane meng teen sy groot bors.
Sy sê dit sag, meer om hom daardie vrees wat sy haar hele lewe saam dra, te spaar, “Ek wil hê jy moet weet, ongeag wat in my is, ek het dit oorwin, oorwin dit elke dag met konsentrasie om te verseker ek verval nie in die gewoontes wat my uit my ‘normaal-wees’, sal ruk nie.”
Sy sien sy gesig, en sy hoor sy woorde, en dit bring ongekende vrede in haar gemoed, “Ongeag liefste mens, ek gee nie om nie, ek wil net by julle wees, op enige voorwaarde, met alles wat in julle is.”
Sy vertel hom van Glenvale, van Denys, en hy is verslae oor al hierdie wonderlike mense en dinge waarvan niemand weet nie.
Hulle los dit eers daar, vir Aiden is dit te groot om nou te verstaan, weet hy, hy sien net die punt van die ysberg, hierdie fenomeen is groter as hulle al twee, en hy moet baie meer weet en verstaan, voor sy hom in hulle lewe gaan inlaat.
In die groet beloof sy, “Ons sal elke wedstryd daar wees, indien jy wil, sal ek vroeg kom sodat jy hom saam met jou vir ʼn rukkie kan hou, en miskien na die wedstryd as hulle jou sal toelaat om ʼn paar ure met ons deur te bring.”
Hy druk haar teen hom vas, “Asseblief, want ek wil ook vir jou sien liefste mens, veral vir jou sien,” en die vreugde wil haar versmoor.
Hy is beslis, “Ryk sal verstaan, hy het gister reeds verstaan.”
Die afskeid by die huurmotor is pynlik en hartseer, maar hy is hier, en hulle het die drade begin optel.

Sy dae word soos ʼn droom, en dit steek sy span aan, en die gemoedere tel op, word ʼn ongelooflike heerlike tyd vir almal, en wanneer hy met sy seun voor die middel-week wedstryd in die kleedkamer instap, weet hulle, hierdie is Aiden se kind, en aanvaar hulle dit in stilte.
Hy loop met die trappe op na haar, hy vat sy seun vir sy ma voor die wedstryd, en hy speel vir hulle, druk die drieë vir hulle, wen vir hulle.
Hulle wag vir hom na die wedstryd, en hulle is ʼn gesin vir ʼn paar uur, en hy wag met ongekende ongeduld vir die naweek, wag vir Saterdag aand wanneer hy tyd met haar kan deurbring.
Die Saterdag breek aan, druk hy sy kind en haar wat sy hele wese besit teen sy hart vas, gaan hy met ongelooflike ongeduld deur die funksie, en gaan hy na haar hotel toe na die funksie.
Hulle wag vir hom, en hy sit met sy seun op die grond en verstom hom oor soveel intelligensie, soveel genialiteit, en hy bemin hulle.
Wanneer klein Aiden slaap, staan hulle voor mekaar, met die naakte liefde in hul oë, en hy verloor beheer, en sy ook momenteel, maar die rasionaliteit skop in en sy keer hom.
“Ek kan nooit weer swanger raak nie Aiden, ek kan nooit weer vyf jaar in soveel ondraaglike spanning deurbring nie, ek kan geen ander kind deur hierdie hel sit nie.”
Hy kom tot besinning, “Wat sê jy?”
“Veiligheid voor enige iets anders, honderd keer seker maak dat ons veilig is, dit is wat ek sê.”

Hy trek haar teen sy hart vas, tel haar naakte liggaam op tot sy bo-op hom lê, en hulle wag tot die polsing uit hul liggame gaan, tot die nugterheid oorneem, en sy lief hom meer as ooit.
In die nag voel sy hom beweeg, en haar aanraking laat hom houvas verloor oor sy konsentrasie, en hou sy hom vas totdat hy ontspan. Sy aanraking dryf haar tot waar haar liggaam dit nie kan teëstaan nie, en albei weet, dit is genoeg vir eers.
Hulle gaan eet ontbyt saam, doen inkopies, geniet hulle kind so saam, en verstoot vir eers die bekommernis en vrae oor die toekoms, en hulle is gelukkig.
Hy vra, “Kom huis toe saam met my wanneer die toer eindig.”
“Sy is beslis, “Sodra jy besef wat vir ons, maar veral vir jou voorlê, wat dit alles beteken, dan sal ek vir altyd na jou toe kom met ons seun. Jy moet eers ʼn tyd by Glenvale gaan deurbring, tyd met Professor Adrian Grundling deurbring, tyd met Denys en die ander deurbring, en my laat weet jy sien regtig kans hiervoor, dan kom ons na jou toe vir altyd.”
Hy weet dit is haar besluit, en hy gryp vir eers net elke oomblik aan om by haar te wees, haar teen sy hart te voel, in hierdie laaste twee weke van hul toer. Skielik is hy haastig, wil hy hierdie toer verby kry, wil hy haar tevrede maak, wil hy haar by hom hê, wil hy sy seun by hom hê, vir altyd.

Hy neem twee weke verlof, bel Professor Adrian Grundling, en ry uit na Glenvale. Hy gaan twee weke daar woon, gaan probeer om in twee weke uit te sorteer en te verstaan wat haar vrees is, wat almal se vrees is.
Hy ontmoet hulle, die twaalf geniale mense, saamgebring uit al die dele van die wêreld, twaalf mense wat moontlik meer intelligensie het as die bevolking van ʼn klein land.
Hy leer Denys ken, verwar hom eers met Dana, en kan nie glo twee mense kan so eenders wees nie, so tot op die vorm van hulle haarlyne dieselfde wees nie.
Hy sit by snags wanneer een van die twaalf ʼn aanval kry, hy is daar wanneer die intelligensie oorgaan in irrasionaliteit, tot daar waar die mens verdwyn, en die bonatuurlike oorneem, en hy verstaan.
Hy praat ure met Denys en Professor Adrian Grundling, leer wat hy kan doen om sy twee geliefdes veilig te hou, leer en besef die verantwoordelikheid wat sal saamgaan met sy liefde. Hy weet hy wil, en hy weet met die Here se genade hy kan. Hy bring nagte op sy knieë deur voor sy God, hy vra, en hy kry berusting, en is Aiden gereed vir sy lewe, sy hele toekoms.
Denys en die ander leer om hom lief te kry, is opgewonde in die wete, een van hulle gaan ʼn normale lewe hê, ʼn lewe met hierdie mens wat haar so lief het, en dit is ook genoeg vir hulle.
Die vreugde is in haar wanneer hy na twee weke skakel, die wete dat hy saam met haar hierdie onbekende wil dra, maak haar hom liefkry bo dit wat sy reeds vir hom voel.

Die weersiens van mekaar, die hardloop van sy seun in sy arms in, die in die lug gooi van hierdie klein wondermensie, en die vasdruk van haar aan sy hart, word die begin van hulle lewe.
Hulle neem die eerste twee weke om net saam te wees, net aan mekaar gewoond te raak, ʼn huis te deel, hulle kind en sy dag se versorging te deel, en dit is soos ʼn legkaart met duisende stukke wat in mekaar val om ʼn prentjie van volmaaktheid te bring.
Hulle lê snags teen mekaar, bewend van emosie, smagtend na die intiemheid wat hierdie diep passie bring, en hy maak seker, seker dat sy veilig sal wees, hulle veilig sal wees.
Hulle bring ure by Denys en Professor Adrian Grundling deur waar Professor Grundling en die medici klein Aiden evalueer, en hulle deel die vreugde wanneer hy Professor Francois Delaruie se bevinding bevestig.
Aiden woon sessies by wat hom aktiwiteite leer wat sy seun mag doen, en aktiwiteite leer wat sy seun nie mag doen nie, en hy besef hy is vasgevang in hierdie wonder van bonatuurlike intelligensie wat sy geliefdes het, en hy weet, hy moet hierdie voorreg met sy lewe beskerm.

Aiden staan in ongeloof wanneer hulle klein Aiden bladsye met kolomme vol syfers gee en hy dit absoluut deurblaai en die antwoord neerskryf. Hulle gee hom ʼn woordeboek, en in minder as vyf minute kan hy die eerste tien bladsye se woorde tot op die laaste komma en punt herhaal, en hy besef, sy begrip van hierdie fenomeen is te klein, dit sal net eenvoudig altyd ʼn wonderwerk vir hom wees.
Hy vra haar daar by Glenvale, “Trou met my, asseblief maak my lewe volmaak, word my vrou, my lewenslange metgesel,” en sy sê, “Ja, met my hele hart en my hele wese,” en Glenvale en veral Denys loop oor van vreugde, eindelik gaan een van ‘hulle’, gelukkig wees, en hulle bid hulle alle geluk toe.
“Ek moet my ouers nou in ons vreugde inlaat, tot nou het ek niks gesê nie, maar nou moet ek hulle ook insluit in hierdie wonder van my lewe.”
Sy voel die vrees, maar sy weet, dit is tyd, “Laat ons hulle gaan inlig, en laat ons bid hulle sal verstaan.”
“Hulle sal, ek weet hulle sal,” en sy vertroue neem besit van haar, en die twyfel is minder.
“Ons sal hulle alles moet vertel Aiden, ons kan nie ʼn kans vat dat hulle nie weet nie, want dit kan my en klein Aiden ons ‘normale’ lewe kos.”

Hy bel sy ouers, “Ek wil vir julle die belangrikste iets in my lewe kom wys, my hele lewe met julle kom bespreek,” en sy ma is opgewonde, “Eet by ons Sondag middag, met die hele gesin, jou susters, hulle mans en kinders,” smeek sy.
Hulle twee verkies dit so, en Dana voel die ou beklemming oor haar kom, ‘wat as hulle nie verstaan nie, nie deel van hierdie lewe wil wees nie’.

Die ongeloof is op almal se gesigte wanneer hulle die vertrek instap, die verwondering wanneer hulle klein Aiden sien, duidelik Aiden se kind, en almal is tegelyk op hulle voete, is hulle by hulle, is hulle oorstelp van vreugde, weet hulle wat hierdie groot seun van hulle die afgelope vyf jaar so ʼn hartseer mens gemaak het, en is hulle ongelooflik bly oor wat hier gebeur.
Aiden se ma steek haar arms uit na klein Aiden, en vra, “Is hy, kan ek hom vashou?”
Aiden sê trots, “Ja hy is my seun, en ma kan hom vashou,” en ma en seun huil saam, en Dana is verwonderd oor soveel deernis.
Klein Aiden word van arm na arm oorgegee, en hy floreer oor die aandag en die liefde en wanneer sy oë in die van Dana kyk, weet sy, hulle is tuis, hulle het ʼn familie gekry.
Die begin van die bespreek van die ‘probleem’ word direk na ete uit hulle hande geneem wanneer die groter seuns met klein Aiden die sitkamer ingehardloop kom.
“Oupa, hierdie outjie kan sewe tale praat en hy kan ʼn potlood met sy gedagtes skuif.”
Aiden tel klein Aiden op, en sê ernstig, “Dit is wat ons moet bespreek, dit is wat sal verduidelik waarom ek nou eers my seun gekry het, dit wat ons as familie sal moet doen en verstaan indien ons my gesin veilig wil hou.”
Dit is hy wat die bespreking lei, en verstaan Dana vir die eerste keer die diepte van sy erns om sy gesin veilig te hou. Verduidelik hy die terme, maak hy die wêreld oop vir hulle oor fenomenale intelligensie. Verduidelik hy sy seun en sy vrou beskik oor ongelooflike verstandelike vermoë en geheue.
Verduidelik hy die gawe van Telekinese wat sy twee mense besit, vertel hy die staaltjie van die skepskop, en besef die familie die uitsonderlikheid van hierdie twee mense, en hulle is verstom.
Praat hy oor die vrees van Kognitiewe Afwykings, en die verantwoordelikheid wat saam met die deel van sy twee geliefdes se lewens sal kom, en hulle aanvaar dit, en koester die wete.

“Sê julle ons wat ons kan doen, en wat ons nooit moet doen nie, en ons sal dit so doen, ons wil julle net altyd by ons hê, ons kan nie verloor dit wat ons sin is nie.” Sê sy pa ernstig en almal beaam dit.
“Ons sal met tyd vir julle reël om na Glenvale te gaan vir lesings, maar vir nou, moet om vaders naam nie dat hy met syfers werk nie, en probeer dat hy so min as moontlik goed met sy konsentrasie rondskuif,” en almal lag van verligting. Vir hulle is dit ongelooflik, soveel intelligensie.
“So wat sê jy,” vra Karel, Aiden se suster se man, “Gaan hy tien onderskeidings in matriek kry.”
“Ja, met die verskil, hy het reeds verlede jaar matriek geskryf, wanneer hy agtien is sal hy tien of twintig grade hê, tien of twintig professors ampte kan beklee, of iets groter as dit wees.”
“Vader, dit is ongelooflik, hierdie twee mense moet ons definitief oppas,” Sê Karel ernstig.
Aiden se vader skud sy kop, “Wel ek glo klein Aiden moet soveel as moontlik by sy oupa kom kuier, dit wil my voorkom of ek werklik baie by hom kan leer.”
Almal skater van die lag en skielik is die spanning gebreek, skielik is dinge normaal.

Die dag en al die ander kuiers in die Young familie verloop asof in ʼn droom, Aiden se ouers kan nie oor die wonderwerk kom van hul seun, se seun, en geliefde nie. Selfs die wete dat daar nooit ander kinders sal wees nie, kan nie hulle opgewondenheid of vreugde demp nie.
Hulle troue, is ʼn groot troue, ʼn rugby troue, met besoekers uit verskeie lande, en Denys aan haar sy. Denys wat haar afgee aan Aiden, en haar beker van geluk loop oor wanneer sy besef hoe verskriklik goed Aiden en klein Aiden se inkom in sy lewe, vir Denys is, en sy dank die Here vir die genade.

Almal wil net weet of klein Aiden ʼn rugby speler gaan wees, of ʼn atleet, geen bekommernis oor sy intelligensie nie. Skielik weet Dana wat die verskil is, wat die een element is wat hulle uitsonderlike intelligente mense kan red, normale mense, met normale lewens, en liefde soos wat sy het. Dit sal nie die intelligensie wegvat nie, ook nie die kans op Kognitiewe Afwykings nie, maar indien daar geen afwyking is nie, moet hulle opgeneem word in die wêreld van ‘gewoon-wees’.
Wanneer Dana sien hoe Aiden se pa met haar kind speel, hom vertroetel, sien sy die kwaliteite wat sy elke dag in die wonderlike man in haar lewe sien, en weet sy, sy is so ontsettend bevoorreg om hom in haar lewe te hê.

Wanneer Aiden se oë hare vind oor die breedte van die vertrek, sien sy die liefde, die bewondering, die smagting, en sy weet, haar lewe het nou eers begin.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 54
Kommentaar telling: 1

Ek is huidig ʼn Projek Bestuurder in een van die grootste Finansiële Instellings in Suid Afrika, met ʼn twintig jaar betrokkenheid by hul Afrika Instellings. Ek beskik oor verskeie graad-, nagraadse- en Industrie kwalifikasies met ʼn PhD van die Universiteit van Pretoria, in Organisasie Gedrag. Ek skryf reeds oor die afgelope twintig jaar kort- en langer verhale. Ek het deur Dagbreek Uitgewers twee boeke gepubliseer. Waar Liefde Begin 2019 en Waar Liefde Eindig 2021.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 113 gaste aanlyn

Bydraes – Argief