
nuanse
uit die kraal van my taal
kruip daar woorde te voorskyn
woorde, begrippe en musiek
wat net in my wese hoort
elke klank en toets
wat in my taal speel uniek
die vonkel of hartseer
of vrees in jou stem
nêrens anders op aarde
niemand wyd of ver waardeer
of verstaan innerlike wese
soos een van ons eie taal
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.